"mines"
4 keer in AFR53
1 Kings 10:17
en drie honderd klein skilde van geslae goud; drie mines goud het hy op elke klein skild gebruik, en die koning het dit in die huis van die Líbanon-bos gesit.
Ezra 2:69
Na hul vermoë het hulle bygedra tot die fonds van die werk: in goud een en sestig duisend dragmes, en in silwer vyf duisend mines en honderd priesterrokke.
Nehemiah 7:71
En van die familiehoofde het gegee vir die boufonds: in goud twintig duisend dragmes, en in silwer twee duisend twee honderd mines.
Nehemiah 7:72
En wat die res van die volk gegee het, was: in goud twintig duisend dragmes, en in silwer twee duisend mines, en sewe en sestig priesterrokke.