Skip to Content

"ruiter"

6 keer in AFR53

2 Kings 9:17

En terwyl die wag op die toring in Jísreël staan, sien hy die skare van Jehu, terwyl hy aankom, en sê: Ek sien 'n skare. Toe sê Joram: Neem 'n ruiter en stuur hulle tegemoet, en laat hom vra: Is dit vrede?

Exodus 15:1

Toe het Moses en die kinders van Israel hierdie lied tot eer van die HERE gesing; en dit is wat hulle gesê het: Ek wil sing tot eer van die HERE, want Hy is hoog verhewe. Die perd en sy ruiter het Hy in die see gewerp.

Exodus 15:21

En Mirjam het hulle al singende geantwoord: Sing tot eer van die HERE, want Hy is hoog verhewe. Hy het die perd met sy ruiter in die see gewerp.

Genesis 49:17

Laat Dan 'n slang wees op die weg, 'n horingslang op die pad, wat die perd aan die hakskene byt, sodat sy ruiter agteroorval.

Jeremiah 51:21

En met jou verbrysel Ek die perd en sy ruiter; en met jou verbrysel Ek die strydwa en die wat daarop ry.

Job 39:21

Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter.