"senings"
4 keer in AFR53
Ezekiel 37:6
En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en 'n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
Ezekiel 37:8
Toe kyk ek en--daar was senings op hulle, en daar het vlees op gekom, en 'n vel is bo-oor hulle getrek, maar daar was geen gees in hulle nie.
Job 10:11
Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg.
Job 40:12
Hy hou sy stert reguit soos 'n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg.