Skip to Content

"sieraad"

27 keer in AFR53

1 Chronicles 22:5

Want Dawid het gesê: My seun Salomo is jonk en teer, en die huis wat vir die HERE gebou moet word, moet buitengewoon groot wees, tot 'n roem en 'n sieraad van al die lande; laat my dan vir hom die bou voorberei. Daarom het Dawid voor sy dood groot toebereidsels gemaak.

2 Chronicles 20:21

En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van die HERE sangers opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof die HERE, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!

2 Samuel 1:19

Die sieraad, o Israel--op jou hoogtes lê dit verslaan. Hoe het die helde geval!

Deuteronomy 26:19

en dat Hy jou dan die hoogste sal stel bo al die nasies wat Hy gemaak het, tot 'n lof en 'n roem en 'n sieraad, en dat jy 'n heilige volk aan die HERE jou God sal wees soos Hy beloof het.

Exodus 28:2

En jy moet vir jou broer Aäron heilige klere maak, tot eer en tot sieraad.

Exodus 28:40

En maak rokke vir die seuns van Aäron, en maak vir hulle gordels. Ook moet jy vir hulle musse maak, tot eer en tot sieraad.

Ezekiel 20:15

So het Ek dan ook my hand vir hulle opgehef in die woestyn, dat Ek hulle nie sou bring in die land wat Ek aan hulle gegee het nie, wat oorloop van melk en heuning--'n sieraad is dit van al die lande;

Ezekiel 20:6

Op dié dag het Ek my hand vir hulle opgehef, om hulle uit Egipteland uit te lei na 'n land wat Ek vir hulle uitgesoek het, wat oorloop van melk en heuning--'n sieraad is dit van al die lande.

Ezekiel 25:9

daarom, kyk, Ek maak die berghange van Moab oop, dat dit sonder stede is, sonder sy stede in sy hele gebied, die sieraad van die land: Bet-Jésimot, Baäl-Meon en tot Kirjatáim toe;

Ezekiel 7:20

En die pragtige sieraad daarvan het hulle as voorwerp van trots opgestel, en die beelde van hul gruwels, hul verfoeisels het hulle daarmee gemaak; daarom het Ek dit vir hulle tot 'n voorwerp van afsku gemaak.

Isaiah 13:19

So sal dan Babel, die sieraad van die koninkryke, die trotse pronkstuk van die Chaldeërs, wees soos toe God Sodom en Gomorra omgekeer het.

Isaiah 35:2

dit sal lustig bloei en juig, ja, met gejuig en gejubel; die heerlikheid van die Líbanon is aan hom gegee, die sieraad van Karmel en Saron; hulle dáár sal sien die heerlikheid van die HERE, die sieraad van onse God.

Isaiah 3:18

In dié dag sal die HERE wegneem die sieraad van die voetringe en die sonnetjies en die maantjies;

Isaiah 4:2

In dié dag sal die Spruit van die HERE wees tot sieraad en heerlikheid, en die vrug van die land tot hoogheid en versiering vir die vrygeraaktes van Israel.

Isaiah 60:19

Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie; maar die HERE sal vir jou wees 'n ewige lig, en jou God sal jou sieraad wees.

Isaiah 61:3

om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, 'n gewaad van lof vir 'n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, 'n planting van die HERE, tot sy verheerliking.

Jeremiah 13:11

Want soos die gord kleef aan die heupe van 'n man, so het Ek die hele huis van Israel en die hele huis van Juda aan My laat klewe, spreek die HERE, om vir My te wees 'n volk en 'n roem en 'n lof en 'n sieraad; maar hulle het nie geluister nie.

Jeremiah 33:9

En die stad sal vir My wees 'n vreugdevolle roem, 'n lof en 'n sieraad by al die nasies van die aarde wat sal hoor van al die goeie wat Ek aan hulle doen; en hulle sal bewe en ontroer word oor al die goeie en oor al die vrede wat Ek daaraan bewys.

Jeremiah 4:30

En jy, verwoeste, wat gaan jy doen? Al trek jy skarlaken klere aan, al versier jy jou met goue sieraad, al laat jy jou oë groter lyk met swart verf--tevergeefs maak jy jou mooi; minnaars versmaad jou, hulle soek jou lewe.

Lamentations 2:1

Alef. Ag, hoe het die Here in sy toorn die dogter van Sion met wolke oordek! Hy het die sieraad van Israel uit die hemel op die aarde neergewerp en nie gedink aan die voetbank van sy voete op die dag van sy toorn nie.

Micah 2:9

Die vroue van my volk verdryf julle uit die huis wat hulle liefhet; van hulle kinders neem julle my sieraad weg in ewigheid.

Proverbs 20:15

Daar is goud en 'n menigte korale, maar 'n kosbare sieraad is die lippe van kennis.

Proverbs 20:29

Die sieraad van die jongmanne is hulle krag, en die versiersel van grysaards is grys hare.

Proverbs 25:12

'n Wyse bestraffer by 'n oor wat luister, is 'n goue ring en 'n goue sieraad.

Psalms 29:2

Gee aan die HERE die eer van sy Naam; aanbid die HERE in heilige sieraad!

Psalms 89:18

Want U is hulle magtige sieraad, en deur u welbehae word ons horing verhef.

Psalms 96:6

Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en sieraad in sy heiligdom.