"slagbank"
3 keer in AFR53
Ezekiel 21:15
Ek het die slagbank van die swaard opgestel teen al hulle poorte, dat die hart kan smelt en die struikelblokke baie kan wees. Ag, dit is gemaak tot 'n weerligstraal, dit is glad gemaak om te slag.
Isaiah 14:21
Maak 'n slagbank gereed vir sy seuns, om die ongeregtigheid van hulle vaders ontwil, dat hulle nie opstaan en die aarde in besit neem en die bodem van die wêreld vol stede maak nie.
Proverbs 24:11
Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!