Skip to Content

"slegtes"

9 keer in AFR53

Jeremiah 24:3

En die HERE het vir my gesê: Wat sien jy, Jeremia? En ek het geantwoord: Vye; die goeie vye is baie goed en die slegtes baie sleg, te sleg om te eet.

Jeremiah 6:29

Die blaasbalk blaas hard; wat uit die vuur gereed kom, is lood; tevergeefs hou hulle aan met smelt, maar die slegtes word nie afgeskei nie.

Luke 6:35

Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; en julle sal kinders van die Allerhoogste wees; want Hy self is goedertieren oor die ondankbares en slegtes.

Matthew 13:48

en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg.

Matthew 22:10

En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.

Matthew 5:45

sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.

Proverbs 14:19

Die slegtes moet buig voor die goeies, en die goddelose by die poorte van die regverdige.

Proverbs 15:3

Op elke plek is die oë van die HERE, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.

Proverbs 4:14

Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie.