"smid"
4 keer in AFR53
1 Samuel 13:19
En daar was geen smid te vinde in die hele land van Israel nie, want die Filistyne het gesê: Anders kan die Hebreërs swaarde of spiese maak.
Genesis 4:22
En Silla het ook gebaar, naamlik Tubal-Kain, 'n smid wat allerhande koper-- en ysterinstrumente gemaak het. En die suster van Tubal-Kain was Naéma.
Hosea 8:6
Want dit is ook uit Israel: 'n smid het dit gemaak, en dit is geen god nie; maar tot splinters sal dit word--die kalf van Samaría.
Isaiah 54:16
Kyk, Ék het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas en 'n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het Ék die verderwer geskape om te verniel.