Skip to Content

"style"

29 keer in AFR53

Exodus 26:15

Jy moet ook vir die tabernakel die regopstaande style van akasiahout maak.

Exodus 26:17

Elke styl moet twee tappe hê wat met mekaar verbind is. So moet jy dit maak vir al die style van die tabernakel.

Exodus 26:18

En die style vir die tabernakel moet jy maak: twintig style aan die suidekant, na die suide toe.

Exodus 26:19

Jy moet ook veertig silwervoetstukke onder die twintig style maak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe.

Exodus 26:20

En vir die ander sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig style

Exodus 26:22

En vir die agterkant van die tabernakel, teen die weste, moet jy ses style maak.

Exodus 26:23

Ook moet jy twee style maak vir die hoeke van die tabernakel, aan die agterkant.

Exodus 26:25

So moet daar dan agt style wees met hulle silwervoetstukke, sestien voetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.

Exodus 26:26

Jy moet ook dwarshoute van akasiahout maak: vyf vir die style van die een sykant van die tabernakel

Exodus 26:27

en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die tabernakel teen die weste.

Exodus 26:28

En die middelste dwarshout moet in die middel van die style oordwars loop, van die een ent na die ander.

Exodus 26:29

En jy moet die style met goud oortrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, moet jy van goud maak. Die dwarshoute moet jy ook met goud oortrek.

Exodus 35:11

die tabernakel, sy tent en sy dekkleed, sy hakies en sy style, sy dwarshoute, sy pilare en sy voetstukke;

Exodus 36:20

Hy het ook vir die tabernakel die regopstaande style van akasiahout gemaak.

Exodus 36:22

Elke styl het twee tappe gehad wat met mekaar verbind was. So het hy dit gemaak vir al die style van die tabernakel.

Exodus 36:23

En hy het die style vir die tabernakel gemaak: twintig style aan die suidekant, na die suide toe.

Exodus 36:24

En hy het veertig silwervoetstukke onder die twintig style gemaak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe.

Exodus 36:25

Hy het ook vir die ander sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig style gemaak

Exodus 36:27

En vir die agterkant van die tabernakel, teen die weste, het hy ses style gemaak.

Exodus 36:28

Ook het hy twee style vir die hoeke van die tabernakel aan die agterkant gemaak.

Exodus 36:30

So was daar dan agt style met hulle silwervoetstukke: sestien voetstukke; twee voetstukke onder elke styl.

Exodus 36:31

Hy het ook dwarshoute van akasiahout gemaak: vyf vir die style van die een sykant van die tabernakel

Exodus 36:32

en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die tabernakel teen die weste.

Exodus 36:33

En hy het die middelste dwarshout gemaak om oordwars te loop, in die middel van die style, van die een ent na die ander.

Exodus 36:34

En hy het die style met goud oorgetrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, het hy van goud gemaak. Die dwarshoute het hy ook met goud oorgetrek.

Exodus 39:33

En hulle het die tabernakel na Moses gebring, die tent self met alles wat daarby behoort, sy hakies, sy style, sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke,

Exodus 40:18

En Moses het die tabernakel opgerig: hy het sy voetstukke neergesit en sy style daarop gesit en sy dwarshoute vasgemaak en sy pilare opgerig.

Numbers 3:36

En die toesig van die seuns van Merári--wat hulle te besorg het--moet wees oor die style van die tabernakel en sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke en al die gereedskap sowel as die hele diens wat daarby behoort;

Numbers 4:31

En dit is wat by hulle drawerk besorg moet word, hulle hele dienswerk by die tent van samekoms: die style van die tabernakel met sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke