"terugkoms"
4 keer in AFR53
2 Samuel 8:13
En Dawid het naam gemaak toe hy, by sy terugkoms van die neerlaag van die Arameërs, in die Soutdal agttien duisend Edomiete verslaan het.
Genesis 14:17
Ná sy terugkoms van die oorwinning op Kedor-Laómer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom uitgetrek hom tegemoet na die laagte Sawe, dit is die Koningslaagte.
Genesis 35:9
Toe verskyn God weer aan Jakob, by sy terugkoms uit Paddan-Aram, en Hy seën hom;
Numbers 14:36
En die manne wat Moses gestuur het om die land te verken en wat ná hulle terugkoms die hele vergadering teen hom laat murmureer het deur 'n slegte gerug aangaande die land te versprei,