Skip to Content

"towerye"

6 keer in AFR53

2 Kings 9:22

En net toe Joram Jehu sien, sê hy: Is dit vrede, Jehu? Maar hy antwoord: Wat? Vrede, solank as die hoererye van jou moeder Isébel en haar towerye so baie is?

Acts 8:11

En hulle het hom aangehang, omdat hy hulle 'n geruime tyd deur sy towerye verbyster het.

Isaiah 47:12

Tree tog op met jou besweringe en met die menigte van jou towerye waarmee jy jou vermoei het van jou jeug af; miskien kan jy iets uitrig, miskien kan jy skrik aanjaag!

Isaiah 47:9

Hierdie twee dinge sal dan in 'n oomblik, op een dag, oor jou kom: kinderloosheid en weduweeskap; in volle maat sal hulle jou oorval, ondanks die veelheid van jou towerye, ondanks die groot menigte van jou besweringe.

Micah 5:11

Verder sal Ek uitroei die towerye uit jou hand, en jy sal geen goëlaars meer hê nie.

Revelation 9:21

En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.