Skip to Content

"vergeet"

110 keer in AFR53

1 Samuel 12:9

Maar hulle het die HERE hul God vergeet; daarom het Hy hulle verkoop in die hand van Sísera, die leërowerste van Hasor, en in die hand van die Filistyne en in die hand van die koning van Moab--wat teen hulle geveg het.

1 Samuel 1:11

en sy het 'n gelofte gedoen en gesê: HERE van die leërskare, as U waarlik die ellende van u diensmaagd aansien en aan my dink en u diensmaagd nie vergeet nie, maar u diensmaagd 'n manlike kind skenk, dan sal ek hom aan die HERE gee al die dae van sy lewe; en geen skeermes sal op sy hoof kom nie.

2 Kings 17:38

En die verbond wat Ek met julle gesluit het, mag julle nie vergeet nie, en julle mag ander gode nie vrees nie.

2 Peter 1:9

want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet.

2 Peter 3:5

Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en 'n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God,

Amos 8:7

Die HERE het gesweer by die hoogheid van Jakob: Gewis, Ek sal in ewigheid nie een van hulle werke vergeet nie.

Deuteronomy 24:19

As jy jou oes op jou land insamel en 'n gerf op die land vergeet, mag jy nie omdraai om dit te gaan haal nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees, dat die HERE jou God jou kan seën in al die werk van jou hande.

Deuteronomy 25:19

As dan die HERE jou God vir jou rus gee van al jou vyande rondom, in die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem, dan moet jy die gedagtenis van Amalek onder die hemel uitdelg; vergeet dit nie.

Deuteronomy 26:13

En jy moet voor die aangesig van die HERE jou God sê: Ek het die heilige goed uit die huis weggebring en dit ook aan die Leviet en die vreemdeling, die wees en die weduwee gegee, geheel en al volgens u gebod wat U my beveel het; ek het geeneen van u gebooie oortree of vergeet nie.

Deuteronomy 31:21

En as dan baie onheile en node oor hulle kom, dan sal hierdie lied in hulle aangesig as getuie antwoord--want dit sal uit die mond van hulle nageslag nie vergeet wees nie--want Ek ken hulle gedagtes wat hulle vandag koester voordat Ek hulle inbring in die land wat Ek met 'n eed beloof het.

Deuteronomy 32:18

Die Steenrots wat jou verwek het, het jy veronagsaam; en jy het die God vergeet wat jou voortgebring het.

Deuteronomy 4:23

Neem julle in ag dat julle die verbond van die HERE julle God, wat Hy met julle gesluit het, nie vergeet en vir julle geen gesnede beeld maak nie--'n gelykenis van enigiets wat die HERE jou God jou verbied het.

Deuteronomy 4:31

Want die HERE jou God is 'n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie.

Deuteronomy 4:9

Neem jou net in ag en wees terdeë op jou hoede, dat jy die dinge nie vergeet wat jou oë gesien het nie, en dat hulle uit jou hart nie wyk al die dae van jou lewe nie; en jy moet dit aan jou kinders en jou kindskinders bekend maak:

Deuteronomy 6:12

neem jou dan in ag dat jy die HERE nie vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het nie.

Deuteronomy 8:11

Neem jou in ag dat jy die HERE jou God nie vergeet deur sy gebooie en sy verordeninge en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie;

Deuteronomy 8:14

en jou hart hom dan verhef, dat jy die HERE jou God vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het;

Deuteronomy 8:19

Maar as jy nogtans die HERE jou God vergeet en agter ander gode aan loop en hulle dien en voor hulle neerbuig, dan verseker ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom;

Deuteronomy 9:7

Dink daaraan, vergeet nie hoe jy die HERE jou God in die woestyn vertoorn het nie; van die dag af dat jy uit Egipteland uitgetrek het, totdat julle by hierdie plek gekom het, was julle wederstrewig teen die HERE.

Ecclesiastes 2:16

Want daar sal op die duur net so min gedagtenis wees van die wyse as van die dwaas, omdat in die dae wat kom, alles lankal vergeet is; en hoe sterf die wyse net soos die dwaas!

Ecclesiastes 8:10

So het ek dan die goddelose sien begrawe word en die rus ingaan, terwyl die wat reg gehandel het, uit die heilige plek moes weggaan en in die stad vergeet is. Ook dit is dan nietigheid.

Ecclesiastes 9:5

Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet.

Ezekiel 22:12

Hulle het omkoopgeskenke in jou aangeneem om bloed te vergiet; rente en woeker het jy geneem en jou naaste te veel laat betaal deur verdrukking, maar My het jy vergeet, spreek die Here HERE.

Ezekiel 23:35

Daarom, so sê die Here HERE: Omdat jy My vergeet het en My agter jou rug gewerp het, so dra jy dan ook nou jou skandelike dade en jou hoererye.

Ezekiel 39:26

En hulle sal hul smaad vergeet en al hul ontrou wat hulle teen My begaan het, as hulle in hul land veilig woon en daar niemand is wat hulle verskrik nie.

Genesis 27:45

tot die toorn van jou broer teen jou bedaar en hy vergeet het wat jy hom aangedoen het. Dan sal ek stuur en jou daar laat haal. Waarom moet ek julle altwee op een dag verloor?

Genesis 40:23

En die voorman van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, maar hom vergeet.

Genesis 41:30

maar daarna sal sewe jare van hongersnood aanbreek, en al die oorvloed sal in Egipteland vergeet word, en die hongersnood sal die land verteer.

Genesis 41:51

En Josef het die eersgeborene Manasse genoem; want, het hy gesê, God het my al my moeite laat vergeet en ook die hele huis van my vader.

Hebrews 12:5

En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie;

Hebrews 13:16

Vergeet die weldadigheid en mededeelsaamheid nie, want God het 'n welbehae aan sulke offers.

Hebrews 13:2

Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.

Hebrews 6:10

Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.

Hosea 13:6

Ooreenkomstig hulle weiveld het hulle versadig geword; toe hulle versadig was, het hulle hart hoogmoedig geword; daarom het hulle My vergeet.

Hosea 2:12

So besoek Ek dan aan haar die dae van die Baäls toe sy vir hulle offerrook laat opgaan het en haar met haar neusring en haar halssierade versier en haar minnaars agternageloop het; maar My het sy vergeet, spreek die HERE.

Hosea 4:6

My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

Hosea 8:14

Omdat Israel sy Maker vergeet en paleise gebou het, en Juda 'n menigte versterkte stede, daarom sal Ek 'n vuur in sy stede slinger wat sy paleise sal verteer.

Isaiah 17:10

Want jy het vergeet die God van jou heil en nie gedink aan die rots wat jou toevlug was nie. Daarom lê jy lieflike tuine aan en beplant dit met uitlandse wingerdstokke;

Isaiah 23:15

En in dié dag sal Tirus vergeet word, sewentig jaar lank, soos die dae van een koning. Aan die einde van sewentig jaar sal dit met Tirus gaan volgens die hoerelied:

Isaiah 44:21

Dink aan hierdie dinge, o Jakob en Israel! Want jy is my kneg; Ek het jou geformeer; jy is my kneg, Israel! Jy sal deur My nie vergeet word nie.

Isaiah 49:14

Maar Sion sê: Die HERE het my verlaat, en die Here het my vergeet!

Isaiah 49:15

Kan 'n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!

Isaiah 51:13

dat jy vergeet die HERE wat jou gemaak het, wat die hemel uitgesprei en die aarde gegrond het; dat jy gedurigdeur die hele dag bewe vir die grimmigheid van die verdrukker as hy dit daarop toelê om te verwoes? Waar is dan die grimmigheid van die verdrukker?

Isaiah 54:4

Wees nie bevrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie; en vrees geen skande nie, want jy sal nie nodig hê om te bloos nie; maar jy sal die skande van jou jonkheid vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie.

Isaiah 65:11

Maar julle wat die HERE verlaat, wat my heilige berg vergeet, wat 'n tafel dek vir die geluksgod en die mengsel inskink vir die godin van die noodlot--

Isaiah 65:16

sodat hy wat homself seën in die land, hom sal seën by die God van waarheid; en hy wat sweer in die land, sal sweer by die God van waarheid, omdat die vorige benoudhede vergeet is en verborge vir my oë.

James 1:24

want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.

Jeremiah 13:25

Dit is jou lot, die deel wat Ek jou toegemeet het, spreek die HERE, omdat jy My vergeet en op leuens vertrou het.

Jeremiah 18:15

Nogtans het my volk My vergeet, hulle laat rook opgaan vir die nietige afgode; dié het hulle laat struikel op al hul weë, op die ou paaie, om te loop op sypaaie, 'n ongemaakte pad;

Jeremiah 20:11

Maar die HERE is met my soos 'n geweldige held; daarom sal my vervolgers struikel en nie oorwin nie; hulle staan diep beskaamd, omdat hulle nie geslaag het nie, 'n ewige smaad wat nie vergeet sal word nie.

Jeremiah 23:27

is hulle daarop bedag om my volk my Naam te laat vergeet deur hulle drome wat hulle die een aan die ander vertel, soos hulle vaders my Naam vergeet het deur Baäl?

Jeremiah 23:40

en Ek sal julle 'n ewige smaad oplê en 'n ewige skande wat nie vergeet sal word nie.

Jeremiah 2:32

Kan 'n jonkvrou haar versiersel vergeet, 'n bruid haar pronkgordel? Maar my volk het My vergeet, dae sonder getal.

Jeremiah 30:14

Al jou minnaars het jou vergeet, hulle vra nie na jou nie; want Ek het jou geslaan soos 'n vyand slaan, met 'n wrede tugtiging, omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes.

Jeremiah 3:21

'n Stem is gehoor op die kaal heuwels, smekende geween van die kinders van Israel, omdat hulle hul weg verdraai het, die HERE hulle God vergeet het.

Jeremiah 44:9

Het julle vergeet die booshede van julle vaders en die booshede van die konings van Juda en die booshede van hulle vroue en julle eie booshede en die booshede van julle vroue wat hulle bedryf het in die land Juda en op die strate van Jerusalem?

Jeremiah 50:5

Hulle sal na Sion vra; op die pad hierheen sal hulle aangesig gerig wees; hulle sal kom en by die HERE aansluit in 'n ewige verbond wat nie vergeet sal word nie.

Jeremiah 50:6

'n Kudde verlore skape was my volk; hulle herders het hulle laat dwaal, hulle weggevoer na die berge toe; hulle het gegaan van berg na heuwel, hulle het hul lêplek vergeet.

Job 11:16

Ja, jy sal die moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink.

Job 19:14

My nabestaandes ontbreek, en my vertroudes het my vergeet.

Job 24:20

Die moederskoot vergeet hom; die wurms eet smaaklik aan hom; aan hom word nie meer gedink nie: so word dan die onreg gebreek soos 'n stuk hout--

Job 28:4

Hy breek 'n mynskag, wég van hom wat bo woon; hulle wat vergeet is deur die voet daarbo, hulle hang ver van mense af, hulle swaai heen en weer.

Job 39:18

en vergeet dat 'n voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld dit kan vertrap.

Job 8:13

So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting van die goddelose;

Job 9:27

As ek sê: Ek wil my geklaag vergeet, my droewige gesig laat vaar en vrolik word,

Judges 3:7

En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en die HERE hulle God vergeet en die Baäls en die heilige boomstamme gedien.

Lamentations 2:6

Wau. En Hy het sy eie omheining soos 'n tuin verniel, sy eie feesplek verwoes; die HERE het in Sion feestyd en sabbat laat vergeet, en in sy grimmige toorn koning en priester verwerp.

Lamentations 3:17

En U het my siel van die vrede verstoot, ek het die goeie vergeet.

Lamentations 5:20

Waarom sou U ons vir altyd vergeet, ons verlaat tot in lengte van dae?

Luke 12:6

Word vyf mossies nie vir twee stuiwers verkoop nie? En nie een van hulle is voor God vergeet nie.

Mark 8:14

En hulle het vergeet om brode saam te neem, en het net een brood by hulle in die skuit gehad.

Matthew 16:5

En toe sy dissipels na die oorkant gegaan het, het hulle vergeet om brode saam te neem.

Philippians 3:14

Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

Proverbs 2:17

(wat die vriend van haar jeug verlaat, en die verbond van haar God vergeet;

Proverbs 31:5

anders drink hy en vergeet die insettinge en verdraai die reg van al die ellendiges.

Proverbs 31:7

Laat hy drink en sy armoede vergeet en aan sy moeite nie meer dink nie.

Proverbs 3:1

My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar;

Proverbs 4:5

Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie:

Psalms 102:5

Platgeslaan soos die plante en verdor is my hart; want ek vergeet om my brood te eet.

Psalms 103:2

Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!

Psalms 106:13

Maar hulle het gou sy werke vergeet, op sy raadsbesluit nie gewag nie.

Psalms 106:21

Hulle het God vergeet, hulle Verlosser, wat groot dinge gedoen het in Egipte,

Psalms 10:11

Hy sê in sy hart: God vergeet dit; Hy verberg sy aangesig; vir ewig sien Hy dit nie.

Psalms 10:12

Staan op, HERE! o God, hef u hand op; vergeet die ellendiges nie!

Psalms 119:109

My lewe is altyddeur in my hand; nogtans vergeet ek u wet nie.

Psalms 119:139

My ywer verteer my, omdat my teëstanders u woorde vergeet het.

Psalms 119:141

Ek is klein en verag, maar u bevele vergeet ek nie.

Psalms 119:153

Resj. Sien my ellende aan en red my, want u wet vergeet ek nie.

Psalms 119:16

Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie.

Psalms 119:176

Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie.

Psalms 119:61

Die strikke van die goddelose het my omring; u wet het ek nie vergeet nie.

Psalms 119:83

Want ek het geword soos 'n leersak in die rook; u insettinge het ek nie vergeet nie.

Psalms 119:93

Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak.

Psalms 137:5

As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand dan homself vergeet!

Psalms 13:2

Hoe lank, HERE, sal U my altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir my u aangesig verberg?

Psalms 31:13

Ek is vergeet uit die hart, soos 'n dooie; ek het geword soos 'n ding wat lê en vergaan.

Psalms 42:10

Ek wil spreek tot God: My rots, waarom vergeet U my? Waarom gaan ek in die rou deur die vyande se verdrukking?

Psalms 44:18

Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons U nie vergeet en nie bedrieglik gehandel teen u verbond nie.

Psalms 44:21

As ons die Naam van onse God vergeet het en ons hande uitgebrei het na 'n vreemde god-

Psalms 44:25

Waarom verberg U u aangesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking?

Psalms 45:11

Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader;

Psalms 59:12

Moet hulle nie ombring nie, sodat my volk dit nie vergeet nie: laat hulle rondswerwe deur u krag, en werp hulle neer, o Here, ons Skild!

Psalms 74:19

Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie.

Psalms 74:23

Vergeet nie die geroep van u teëstanders nie- die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur opgaan!

Psalms 77:10

Het God vergeet om genadig te wees? Of het Hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Sela.

Psalms 78:11

En hulle het sy dade vergeet en sy wonders wat Hy hulle laat sien het.

Psalms 78:7

en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar,

Psalms 9:13

Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie.

Psalms 9:18

Die goddelose sal teruggaan na die doderyk, al die heidene wat God vergeet.

Psalms 9:19

Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting van die ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie.