"verkort"
6 keer in AFR53
Mark 13:20
En as die Here dié dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy dié dae verkort.
Matthew 24:22
En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.
Proverbs 10:27
Die vrees van die HERE vermeerder die dae, maar die jare van die goddelose word verkort.
Psalms 102:24
Hy het my krag op die weg swak gemaak, my dae verkort.
Psalms 89:46
U het die dae van sy jeug verkort, hom met skaamte oordek. Sela.
Romans 9:28
want Hy volbring 'n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die Here 'n saak wat verkort is, op die aarde sal doen.