Skip to Content

"verontwaardig"

7 keer in AFR53

Luke 13:14

Maar die owerste van die sinagoge, wat verontwaardig was dat Jesus op die sabbat genees het, antwoord en sê vir die skare: Daar is ses dae waarop 'n mens behoort te werk; kom dan op dié dae en laat julle genees en nie op die sabbatdag nie.

Mark 10:41

En toe die tien dit hoor, begin hulle verontwaardig te word oor Jakobus en Johannes.

Mark 14:4

En daar was sommige wat by hulleself verontwaardig was en gesê het: Waarvoor het hierdie verkwisting van die salf plaasgevind?

Matthew 20:24

En toe die tien dit hoor, was hulle verontwaardig oor die twee broers.

Matthew 21:15

En toe die owerpriesters en skrifgeleerdes die wonderwerke sien wat Hy gedoen het, en die kinders wat in die tempel uitroep en sê: Hosanna vir die Seun van Dawid! was hulle verontwaardig

Matthew 26:8

En toe sy dissipels dit sien, was hulle verontwaardig en sê: Waarvoor is hierdie verkwisting?

Nehemiah 5:6

En ek was baie verontwaardig toe ek hulle geroep en hierdie woorde hoor.