Skip to Content

"verseëlde"

6 keer in AFR53

Isaiah 29:11

So het dan die gesig van al hierdie dinge vir julle geword soos die woorde van 'n verseëlde boek wat hulle gee aan iemand wat kan lees, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie, want dit is verseël.

Jeremiah 32:11

Toe het ek die koopbrief geneem, die verseëlde een--volgens voorskrif en wetlike bepalinge--en die oop een,

Jeremiah 32:14

So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Neem hierdie briewe, hierdie koopbrief, die verseëlde een sowel as hierdie oop brief, en sit hulle in 'n erdepot, dat hulle baie dae kan bly bestaan.

Nehemiah 10:1

En op die verseëlde stukke het geteken: Nehemía, die goewerneur, die seun van Hagálja, en Sedekía,

Nehemiah 9:38

Maar op grond van dit alles sluit ons 'n vaste verbond en beskryf dit; en op die verseëlde stuk het ons owerstes, ons Leviete, ons priesters geteken.

Song of Solomon 4:12

My susterbruid is 'n geslote tuin, 'n geslote bron, 'n verseëlde fontein.