"vlas"
6 keer in AFR53
En die vlas en die gars was weggeslaan, want die gars was in die aar en die vlas in die knop.
Want hulle moeder het in ontug gelewe, sy wat met hulle swanger was, het skandelike dinge gedoen; want sy het gesê: Ek wil my minnaars agternaloop wat my brood en my water, my wol en my vlas, my olie en my drank gee.
Daarom sal Ek my koring terugneem in die oestyd en my mos op die bepaalde tyd, en wegneem my wol en my vlas wat dien om haar naaktheid te bedek.
En die bewerkers van uitgekamde vlas staan beskaamd, en die wewers van wit stowwe.
En die sterke word tot vlas en sy werk tot 'n vonk, en hulle sal altwee tesame brand sonder dat iemand uitblus.
Dalet. Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande.