Skip to Content

"waarlangs"

5 keer in AFR53

2 Kings 20:11

En Jesaja, die profeet, het die HERE aangeroep, en Hy het die skaduwee op die grade waarlangs dit op die grade van Agas se sonnewyser gedaal het, laat teruggaan, tien grade agteruit.

Deuteronomy 1:22

Toe het julle almal na my toe aangekom en gesê: Laat ons manne voor ons uit stuur, dat hulle vir ons die land kan verken en ons berig kan bring aangaande die pad waarlangs ons moet optrek, en die stede waarby ons sal kom.

Deuteronomy 8:2

En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie.

Ezekiel 21:19

En jy, mensekind, maak vir jou twee paaie waarlangs die swaard van die koning van Babel kan kom; uit een land moet altwee uitgaan; en sny 'n wegwyser uit; sny dit uit by die begin van die pad na 'n stad;

Job 16:22

Want maar min jare kom--dan bewandel ek 'n pad waarlangs ek nie terugkeer nie.