Skip to Content

"waterplas"

7 keer in AFR53

Isaiah 19:5

En die waters sal uit die groot waterplas verdwyn, en die rivier sal uitdroog en droog lê.

Isaiah 35:7

En die gloeiende grond sal 'n waterplas word, en die dorsland fonteine van water; in die plek van die jakkalse waar hulle gelê en rus het, is gras met riete en biesies.

Isaiah 41:18

Ek sal riviere op die kaal heuwels oopmaak en fonteine in die laagtes; Ek sal die woestyn 'n waterplas maak en die dor land waterbronne.

Job 14:11

Die waters verdwyn uit die groot waterplas, en die rivier droog uit en lê droog--

Job 41:22

Hy laat die diepte kook soos 'n pot; die waterplas maak by soos 'n kokende salfpot.

Psalms 107:35

Hy het die woestyn 'n waterplas gemaak en die dor land waterfonteine;

Psalms 114:8

wat die rots verander het in 'n waterplas, die keisteen in 'n waterfontein!