Skip to Content

"weggejaag"

5 keer in AFR53

Genesis 15:11

Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag.

Job 30:5

Uit die samelewing word hulle weggejaag; die mense skreeu oor hulle soos oor 'n dief.

Judges 11:2

En toe die vrou van Gílead vir hom seuns baar, en die seuns van die vrou groot word, het hulle Jefta weggejaag en vir hom gesê: Jy mag in ons familie nie erwe nie, want jy is die seun van 'n ander vrou.

Judges 11:7

Maar Jefta antwoord die oudstes van Gílead: Het julle my nie gehaat en my uit my vader se huis weggejaag nie? Waarom kom julle dan nou na my, nou dat julle in die benoudheid sit?

Psalms 34:1

'n Psalm van Dawid, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abiméleg en dié hom weggejaag het, sodat hy heengegaan het.