Skip to Content

"wewersbalk"

5 keer in AFR53

1 Chronicles 11:23

Hy het ook 'n Egiptenaar verslaan, 'n groot man, vyf el; en in die hand van die Egiptenaar was 'n spies soos 'n wewersbalk; maar hy het na hom afgegaan met 'n stok en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies doodgesteek.

1 Chronicles 20:5

En daar was weer oorlog met die Filistyne; en Élhanan, die seun van Jaïr, het Lagmi, die broer van Goliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos 'n wewersbalk was, verslaan.

1 Samuel 17:7

Die steel van sy spies was soos 'n wewersbalk, en die lem van sy spies was van ses honderd sikkels yster, en die skilddraer het voor hom uit geloop.

2 Samuel 21:19

En daar was weer oorlog met die Filistyne in Gob; en Élhanan, die seun van Jáäre-Orgim uit Betlehem, het Góliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos 'n wewersbalk was, verslaan.

Isaiah 38:12

My woning is opgebreek en van my af weggevoer soos 'n herderstent; ek het my lewe opgerol soos 'n wewer sy weefsel; Hy sny my van die wewersbalk af; van dag tot nag gee U my prys.