Skip to Content

"wye"

7 keer in AFR53

Exodus 3:8

Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na 'n goeie en wye land, na 'n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete.

Isaiah 3:23

die handspieëltjies en die hemde en die tulbande en die wye mantels.

Job 18:17

Sy gedagtenis vergaan van die aarde af, en hy het geen naam op die wye veld nie.

Job 30:14

Soos deur 'n wye bres kom hulle; te midde van die puinhope kom hulle aanrol.

Job 37:10

Deur die asem van God word ys gegee, en die wye waters lê vas in die engte.

Job 37:12

en dit skiet oral rond volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel oor die wye wêreldrond:

Nehemiah 9:35

En hulle het in hul koninkryk en by u groot seën wat U hulle geskenk het, en in die wye en vet land wat U aan hulle oorgegee het, U nie gedien nie en hulle nie van hul verkeerde handelinge bekeer nie.