"bres"
5 keer in AFR53
Ezekiel 22:30
En Ek het onder hulle 'n man gesoek wat 'n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie sou verwoes nie; maar Ek het niemand gevind nie.
Job 16:14
Bres op bres breek Hy in my; Hy loop my storm soos 'n held.
Job 30:14
Soos deur 'n wye bres kom hulle; te midde van die puinhope kom hulle aanrol.
Psalms 106:23
Toe het Hy gesê dat Hy hulle sou verdelg, as Moses, sy uitverkorene, nie voor sy aangesig in die bres gaan staan het om sy grimmigheid af te keer, dat Hy nie sou vernietig nie.
Psalms 144:14
ons beeste gelaai mag wees; geen bres in ons mure en geen uittog daaruit, en geen geskreeu op ons pleine nie.