Skip to Content

"byna"

7 keer in AFR53

Acts 13:44

En op die volgende sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van God te hoor.

Acts 19:26

en julle sien en hoor dat nie alleen in Éfese nie, maar byna in die hele Asië, hierdie Paulus 'n aansienlike skare oorgehaal en afvallig gemaak het deur te sê dat dit geen gode is wat met hande gemaak word nie.

Acts 21:27

Maar toe die sewe dae byna verby was, het die Jode van Asië hom in die tempel gesien en die hele skare oproerig gemaak en die hande aan hom geslaan

Acts 26:28

En Agríppa sê vir Paulus: Jy beweeg my byna om 'n Christen te word.

Acts 26:29

En Paulus sê: Ek sou wel God wil bid dat sowel byna as heeltemal nie alleen u nie, maar ook almal wat my vandag aanhoor, so mag word soos ek is, buiten hierdie boeie.

Hebrews 9:22

En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.

Psalms 73:2

Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly.