Skip to Content

"elíhu"

11 keer in AFR53

1 Chronicles 12:20

Terwyl hy na Siklag trek, het daar uit Manasse na hom oorgeloop: Adnag en Jósabad en Jedíael en Mígael en Jósabad en Elíhu en Sílletai, hoofde van die geslagte van Manasse.

1 Chronicles 26:7

Die seuns van Semája was Otni en Réfael en Obed, Élsabad; sy broers, flukse manne: Elíhu en Semágja.

1 Chronicles 27:18

oor Juda was Elíhu, uit die broers van Dawid; oor Issaskar was Omri, die seun van Mígael;

1 Samuel 1:1

Daar was 'n sekere man uit Ramatáim, 'n Sufiet, uit die gebergte van Efraim, en sy naam was Élkana, die seun van Jeróham, die seun van Elíhu, die seun van Tohu, die seun van Suf, 'n Efratiet.

Job 32:2

En die toorn van Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, uit die geslag van Ram, het ontvlam; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy homself regverdig beskou het voor God.

Job 32:4

Maar Elíhu het op Job gewag met sy woorde, omdat hulle ouer was as hy.

Job 32:5

Maar toe Elíhu sien dat daar geen antwoord was in die mond van die drie manne nie, het sy toorn ontvlam.

Job 32:6

En Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, het begin en gesê: Ek is jonk, en u is hoogbejaard; daarom was ek beskroomd en het gevrees om my kennis aan u mee te deel.

Job 34:1

Verder het Elíhu aangehef en gesê:

Job 35:1

Verder het Elíhu aangehef en gesê:

Job 36:1

En Elíhu het voortgegaan en gesê: