Skip to Content

"afek"

8 keer in AFR53

1 Kings 20:26

En ná verloop van 'n jaar het Bénhadad die Arameërs gemonster en opgetrek na Afek om teen Israel te veg.

1 Kings 20:30

En die wat oor was, het na Afek, na die stad gevlug, en die muur het op die sewe en twintig duisend man geval wat oor was. Bénhadad, wat ook die stad ingegaan het, het van kamer tot kamer gevlug.

1 Samuel 29:1

En die Filistyne het hulle hele leër by Afek versamel, terwyl Israel laer opgeslaan het by die fontein wat by Jísreël is.

1 Samuel 4:1

En die woord van Samuel het tot die hele Israel gekom. En Israel het uitgetrek vir die geveg, die Filistyne tegemoet, en hulle het laer opgeslaan by Ebenhaéser; maar die Filistyne het laer opgeslaan by Afek.

2 Kings 13:17

Verder sê hy: Maak oop die venster na die ooste toe! En hy het dit oopgemaak. En Elísa sê: Skiet! En hy het geskiet. Toe sê hy: 'n Pyl van oorwinning van die HERE en 'n pyl van oorwinning op Aram: jy moet die Arameërs volkome verslaan in Afek.

Joshua 12:18

die koning van Afek, een; die koning van Lassáron, een;

Joshua 13:4

in die suide; die hele land van die Kanaäniete en Méara wat aan die Sidoniërs behoort, tot by Afek, tot by die grens van die Amoriete;

Joshua 19:30

en Umma en Afek en Rehob: twee en twintig stede met hulle dorpe.