Skip to Content

"gesidder"

5 keer in AFR53

2 Samuel 22:8

Toe het die aarde geskud en gebewe, die fondamente van die hemel het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was.

Daniel 5:19

En vanweë die grootheid wat Hy hom gegee het, het al die volke, nasies en tale gebewe en vir hom gesidder; wie hy wou, het hy gedood, en wie hy wou, het hy laat lewe, en wie hy wou, het hy verhoog, en wie hy wou, het hy verneder.

Exodus 15:14

Die volke het dit gehoor, hulle het gesidder; weë het die inwoners van Filistéa aangegryp.

Psalms 18:8

Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was.

Psalms 77:17

Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien, hulle het gebewe; ja, die watervloede het gesidder.