Skip to Content

"geëindig"

7 keer in AFR53

Exodus 31:18

En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.

Jeremiah 43:1

En toe Jeremia geëindig het om die hele volk toe te spreek met al die woorde van die HERE hulle God, waarmee die HERE hulle God hom na hulle gestuur het, naamlik al hierdie woorde,

Luke 4:13

En toe die duiwel elke versoeking geëindig het, het hy 'n tyd lank van Hom gewyk.

Matthew 13:53

En toe Jesus hierdie gelykenisse geëindig het, het Hy daarvandaan weggegaan.

Matthew 19:1

En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, het Hy van Galiléa vertrek en in die gebied van Judéa oorkant die Jordaan gekom.

Matthew 26:1

En toe Jesus al hierdie woorde geëindig het, sê Hy vir sy dissipels:

Matthew 7:28

En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer;