Skip to Content

"geëis"

8 keer in AFR53

1 Samuel 20:16

So het Jónatan dan 'n verbond gesluit met die huis van Dawid. En die HERE het dit geëis van die hand van Dawid se vyande.

Exodus 12:35

En die kinders van Israel het gehandel volgens die woord van Moses: hulle het van die Egiptenaars silwergoed en goue goed en klere geëis;

Genesis 31:39

Wat die wilde diere verskeur het, het ek nie na u gebring nie: ek moes dit vergoed; van my hand het u dit geëis, of dit al bedags gesteel is of snags gesteel is.

Genesis 42:22

Daarop antwoord Ruben hulle: Het ek nie vir julle gesê nie: Besondig julle nie aan die seun nie? Maar julle het nie geluister nie. Kyk, so word dan ook sy bloed geëis.

Isaiah 1:12

As julle kom om voor my aangesig te verskyn, wie het dit van julle hand geëis--om my voorhowe te vertrap?

Luke 23:23

Maar hulle het aangehou met 'n harde geroep en geëis dat Hy gekruisig moes word; en hulle geroep en dié van die owerpriesters het die oorhand gekry.

Luke 23:25

En hy het die een vir hulle losgelaat wat oor opstand en moord in die gevangenis gewerp was, die een wat hulle geëis het. Maar Jesus het hy aan hulle wil oorgelewer.

Psalms 40:7

U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie.