"gloei"
6 keer in AFR53
Ezekiel 24:11
En laat dit leeg op sy kole staan, dat dit warm kan word en sy koper kan gloei en sy onreinheid kan smelt in hom--sy roes verteer kan word.
Hosea 7:7
Hulle almal gloei soos 'n oond en verteer hul regeerders, al hulle konings val; daar is niemand onder hulle wat My aanroep nie.
Job 30:30
My vel het swart geword en val van my af, en my gebeente gloei van hitte.
Lamentations 5:10
Ons vel gloei soos 'n oond vanweë die gloed van die honger.
Psalms 102:4
Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos 'n vuurherd.
Revelation 1:15
en sy voete soos blink koper wat gloei soos in 'n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.