Skip to Content

"hadad"

14 keer in AFR53

1 Chronicles 1:30

Misma en Duma, Massa, Hadad en Tema,

1 Chronicles 1:46

En Husam het gesterwe, en Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete in die veld van Moab verslaan het, het in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Awit.

1 Chronicles 1:47

En Hadad het gesterwe, en Samla uit Másreka het in sy plek geregeer.

1 Chronicles 1:50

Nadat Baäl-Hánan gesterf het, het Hadad in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahi; en die naam van sy vrou was Mehetábeël, die dogter van Matred, die dogter van Mésahab.

1 Chronicles 1:51

Toe Hadad gesterf het, was die vorste van Edom: die vors Timna, die vors Alja, die vors Jetet,

1 Kings 11:14

En die HERE het vir Salomo as teëstander verwek Hadad, die Edomiet; hy was van die koninklike familie in Edom.

1 Kings 11:17

maar Hadad het ontvlug, hy en saam met hom Edomitiese manne uit die dienaars van sy vader, om na Egipte te gaan; en Hadad was 'n jong seun.

1 Kings 11:19

En Hadad het groot guns gevind in die oë van Farao, sodat dié aan hom sy vrou se suster, die suster van Tágpenes, die gebiedster, as vrou gegee het.

1 Kings 11:21

Maar toe Hadad in Egipte hoor dat Dawid met sy vaders ontslaap het en Joab, die leërowerste, dood was, sê Hadad vir Farao: Laat my gaan, dat ek na my land kan trek.

1 Kings 11:25

En hy was 'n teëstander van Israel al die dae van Salomo--en dit nog by die kwaad wat Hadad gedoen het--want hy het 'n afsku van Israel gehad, en hy het oor Aram koning geword.

Genesis 25:15

Hadad en Tema, Jetur, Nafis en Kedma.

Genesis 36:35

En ná die dood van Husam het Hadad, die seun van Bedad, wat die Mídianiete verslaan het in die veld van Moab, in sy plek geregeer, en die naam van sy stad was Awit.

Genesis 36:36

En ná die dood van Hadad het Samla van Másreka in sy plek geregeer.

Zechariah 12:11

In dié dag sal die rouklag groot wees in Jerusalem, soos die rouklag van Hadad-Rimmon in die laagte van Megiddo.