"handelswins"
3 keer in AFR53
Maar haar handelswins en haar hoereloon sal aan die HERE heilig wees; dit sal nie opgehoop of weggesit word nie; maar haar wins sal wees vir die wat voor die aangesig van die HERE woon, om te eet tot versadiging en vir pragtige klere.
En op groot waters is die saad van Sigor, die oes van die Nyl, in hom ingebring; en so het hy 'n handelswins vir die nasies geword.
So sê die HERE: Die opbrings van Egipte en die handelswins van Kus en die Sabeërs, manne van hoë gestalte, sal na jou toe oorkom en joue wees; hulle sal agter jou loop; in kettings sal hulle oortrek en hulle voor jou buig; hulle sal jou smeek en sê: Waarlik, God is in jou; en anders is daar geen, geen God meer nie!