Skip to Content

"handmeul"

5 keer in AFR53

Deuteronomy 24:6

Niemand mag die handmeul of die boonste maalklip as pand neem nie, want hy neem die lewe as pand.

Exodus 11:5

dan sal al die eersgeborenes in Egipteland sterwe, van Farao se eersgeborene af wat op sy troon sit, tot die eersgeborene van die slavin agter die handmeul en al die eersgeborenes van die vee.

Isaiah 47:2

Neem die handmeul en maal meel; slaan jou sluier op, tel die kleed op, ontbloot die been, trek deur die riviere!

Jeremiah 25:10

En Ek sal uit hulle laat verdwyn die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die geluid van die handmeul en die lig van die lamp.

Lamentations 5:13

Jongmanne dra die handmeul, en seuns struikel onder die drag hout.