Skip to Content

"húsai"

13 keer in AFR53

1 Chronicles 27:33

En Agitófel was raadgewer van die koning; en Húsai, die Arkiet, was die vriend van die koning.

1 Kings 4:16

Báäna, die seun van Húsai, was in Aser en in Alot;

2 Samuel 15:32

En toe Dawid tot bo-op die top kom, waar hulle God aanbid het, ontmoet Húsai, die Arkiet, hom daar, met geskeurde rok en grond op sy hoof.

2 Samuel 15:37

Daarop het Húsai, die vriend van Dawid, in die stad gekom, terwyl Absalom aankom na Jerusalem.

2 Samuel 16:16

En net toe Húsai, die Arkiet, die vriend van Dawid, by Absalom kom, sê Húsai vir Absalom: Mag die koning leef, mag die koning leef!

2 Samuel 16:17

Maar Absalom vra vir Húsai: Is dit jou liefde teenoor jou vriend? Waarom het jy nie saam met jou vriend getrek nie?

2 Samuel 16:18

Toe sê Húsai vir Absalom: Nee, maar aan hom wat die HERE verkies, en hierdie volk en al die manne van Israel, aan hom behoort ek, en by hom sal ek bly.

2 Samuel 17:14

Toe sê Absalom en al die manne van Israel: Die raad van Húsai, die Arkiet, is beter as die raad van Agitófel. Maar die HERE het dit beskik om die goeie raad van Agitófel te verydel, sodat die HERE die onheil oor Absalom kon bring.

2 Samuel 17:15

En Húsai het aan Sadok en Abjatar, die priesters, gesê: So en so het Agitófel Absalom en die oudstes van Israel aangeraai, maar so en so het ek aangeraai.

2 Samuel 17:5

Maar Absalom het gesê: Roep tog ook Húsai, die Arkiet, en laat ons ook hoor wat hy sê.

2 Samuel 17:6

Toe Húsai by Absalom inkom, het Absalom met hom gespreek en gesê: So het Agitófel gespreek. Sal ons sy raad opvolg? So nie, spreek jy dan.

2 Samuel 17:7

En Húsai sê vir Absalom: Die raad wat Agitófel hierdie keer gegee het, is nie goed nie.

2 Samuel 17:8

Verder het Húsai gesê: U weet dat u vader en sy manne helde is en bitter van siel soos 'n beer wat van haar kleintjies beroof is in die veld; ook is u vader 'n krygsman, en hy sal nie by die volk vernag nie.