Skip to Content

"issaskar"

41 keer in AFR53

1 Chronicles 12:32

en van die seuns van Issaskar, met kundige insig wat die tye betref, om te weet wat Israel moes doen; hulle hoofde was twee honderd, en al hulle broers onder hulle bevel;

1 Chronicles 12:40

En selfs hulle nabestaandes tot by Issaskar en Sébulon en Náftali het brood gebring op esels en op kamele en op muile en op beeste, meelkos, vyekoeke en rosynekoeke en wyn en olie en beeste en kleinvee in menigte, want daar was blydskap in Israel.

1 Chronicles 26:5

Ammiël die sesde, Issaskar die sewende, Peülletai die agtste; want God het hom geseën.

1 Chronicles 27:18

oor Juda was Elíhu, uit die broers van Dawid; oor Issaskar was Omri, die seun van Mígael;

1 Chronicles 2:1

Dit is die seuns van Israel: Ruben, Símeon, Levi en Juda, Issaskar en Sébulon,

1 Chronicles 6:62

En aan die seuns van Gersom, volgens hulle geslagte, uit die stam van Issaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die stam van Manasse in Basan, dertien stede.

1 Chronicles 6:72

en uit die stam van Issaskar: Kedes met sy weiveld, Dáberat met sy weiveld,

1 Chronicles 7:1

En die seuns van Issaskar was: Tola en Pua, Jasub en Simron, vier.

1 Chronicles 7:5

En hulle broers, van al die geslagte van Issaskar, dapper helde: sewe en tagtig duisend tel hulle geslagsregister in sy geheel.

1 Kings 15:27

Maar Baésa, die seun van Ahía, van die huis van Issaskar, het 'n sameswering teen hom gesmee, en Baésa het hom verslaan by Gíbbeton wat aan die Filistyne behoort, terwyl Nadab en die hele Israel besig was om Gíbbeton te beleër.

1 Kings 4:17

Jósafat, die seun van Parúag, in Issaskar;

2 Chronicles 30:18

Want die meerderheid van die volk, 'n menigte uit Efraim en Manasse, Issaskar en Sébulon, het hulle nie gereinig nie, maar die pasga geëet soos dit nie voorgeskrywe was nie. Maar Jehiskía het vir hulle gebid en gesê: Mag die HERE wat goed is, versoening doen

Deuteronomy 27:12

Hierdie stamme moet staan om die volk te seën op die berg Gerísim as julle deur die Jordaan getrek het: Símeon en Levi en Juda en Issaskar en Josef en Benjamin.

Deuteronomy 33:18

En van Sébulon het hy gesê: Verheug jou, Sébulon, oor jou togte, en Issaskar, oor jou tente.

Exodus 1:3

Issaskar, Sébulon en Benjamin;

Ezekiel 48:25

En naas die gebied van Símeon, van die oostekant af tot by die westekant: Issaskar, een.

Ezekiel 48:26

En naas die gebied van Issaskar, van die oostekant af tot by die westekant: Sébulon, een.

Ezekiel 48:33

En die suidekant vier duisend vyf honderd lengtemaat; en drie poorte: die poort van Símeon, een; die poort van Issaskar, een; die poort van Sébulon, een.

Genesis 30:18

Toe sê Lea: God het my loon gegee, omdat ek my slavin aan my man gegee het. En sy het hom Issaskar genoem.

Genesis 35:23

Die seuns van Lea was: Ruben, die eersgeborene van Jakob, daarna Símeon en Levi en Juda en Issaskar en Sébulon.

Genesis 46:13

En die seuns van Issaskar: Tola en Puwa en Job en Simron.

Genesis 49:14

Issaskar is 'n sterkgebeende esel wat tussen die veekrale lê.

Joshua 17:10

Suid behoort dit aan Efraim, maar noord aan Manasse; en die see is sy lyn; dan raak hulle in die noorde aan Aser en in die ooste aan Issaskar.

Joshua 17:11

En aan Manasse behoort in Issaskar en Aser: Bet-Sean met sy onderhorige plekke en Jíbleam met sy onderhorige plekke en die inwoners van Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van En-Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van Táänag met sy onderhorige plekke en die inwoners van Megíddo met sy onderhorige plekke, die drie hoogtes.

Joshua 19:17

Vir Issaskar het die vierde lot uitgekom, vir die kinders van Issaskar volgens hulle geslagte;

Joshua 19:23

Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Issaskar volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.

Joshua 21:28

En uit die stam van Issaskar: Kisjon met sy weiveld, en Daberat met sy weiveld,

Joshua 21:6

en die kinders van Gerson, uit die geslagte van die stam van Issaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die halwe stam van Manasse in Basan, deur die lot, dertien stede;

Judges 10:1

En ná Abiméleg het Tola, die seun van Pua, die seun van Dodo, 'n man uit Issaskar, opgetree om Israel te verlos; en hy het gewoon in Samir op die gebergte van Efraim.

Judges 5:15

en vorste in Issaskar met Debóra saam; en Issaskar soos Barak: in die dal storm hulle op sy voetspore. In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.

Numbers 10:15

En oor die afdeling van die stam van Issaskar se kinders was Netáneël, die seun van Suar.

Numbers 13:7

Van die stam van Issaskar: Jígeal, die seun van Josef.

Numbers 1:28

Van die seuns van Issaskar, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek--

Numbers 1:29

hulle geteldes van die stam van Issaskar was vier en vyftig duisend vier honderd.

Numbers 1:8

vir Issaskar: Netáneël, die seun van Suar;

Numbers 26:23

Die seuns van Issaskar volgens hulle geslagte: van Tola die geslag van die Tolaïete; van Puwa die geslag van die Puniete;

Numbers 26:25

Dit is die geslagte van Issaskar volgens hulle geteldes, vier en sestig duisend drie honderd.

Numbers 2:5

En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Issaskar; en Netáneël, die seun van Suar, moet owerste oor die seuns van Issaskar wees.

Numbers 34:26

en van die stam van Issaskar se kinders as owerste--Páltiël, die seun van Assan;

Numbers 7:18

Op die tweede dag het Netáneël, die seun van Suar, die owerste van Issaskar, aangebring--

Revelation 7:7

uit die stam van Símeon twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Levi twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Issaskar twaalf duisend verseëldes;