"ná"
299 keer in AFR53
En ná hom was Eleásar, die seun van Dodo, die Ahohiet; hy was onder die drie helde.
Asaf, die hoof, en Sagaría, die tweede in rang ná hom; Jeï-el en Semíramot en Jehíël en Mattítja en Elíab en Benája en Obed-Edom en Jeï-el met harp-- en siterinstrumente, terwyl Asaf met die simbale musiek gemaak het,
En ná verloop van 'n jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, het Joab die leërmag aangevoer en die land van die kinders van Ammon verwoes; hy het ook gekom en Rabba beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het. En Joab het Rabba verslaan en dit afgebreek.
En ná Agitófel: Jójada, die seun van Benája, en Abjatar; en die leërowerste van die koning was Joab.
Die vierde vir die vierde maand was Asahel, die broer van Joab, en ná hom sy seun Sebádja; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
Nou dan, voor die oë van die hele Israel, die vergadering van die HERE, en voor die ore van onse God: Onderhou en soek al die gebooie van die HERE julle God, sodat julle hierdie goeie land kan besit en julle kinders ná julle tot in ewigheid kan laat erwe.
En ná die dood van Hesron in Kaleb-Éfrata het Abía, die vrou van Hesron, vir hom ook Asgur, die vader van Tekóa, gebaar.
Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.
Ná hierdie gebeurtenis het Jeróbeam nie van sy verkeerde weg teruggekom nie, maar weer priesters van die hoogtes aangestel uit al die dele van die volk. Elkeen wat wou, dié het hy aangestel, dat hy een van die priesters van die hoogtes kon word.
Maar ter wille van Dawid het die HERE sy God vir hom 'n lamp in Jerusalem gegee deur sy seun ná hom te verwek en Jerusalem in stand te hou,
Ná hierdie dinge het die seun van die vrou, die eienares van die huis, siek geword; en sy siekte was baie ernstig, totdat daar geen asem meer in hom oorgebly het nie.
Maar ná verloop van tyd het die spruit opgedroog, want daar was geen reën in die land nie.
En Hy sê: Gaan uit en staan op die berg voor die aangesig van die HERE. En kyk, die HERE het verbygegaan, terwyl 'n groot en sterk wind die berge skeur en die rotse verbreek voor die HERE uit; in die wind was die HERE nie. En ná die wind 'n aardbewing; in die aardbewing was die HERE nie.
En ná die aardbewing 'n vuur; in die vuur was die HERE nie. En ná die vuur die gesuis van 'n sagte koelte.
Gaan en tree binne by koning Dawid en sê vir hom: Het ú nie, my heer die koning, vir u dienares gesweer en gesê nie: U seun Salomo sal sekerlik koning word ná my, en hy sal op my troon sit? Waarom het Adónia dan koning geword?
En sy antwoord hom: My heer, ú het by die HERE u God vir u dienares gesweer: U seun Salomo sal sekerlik ná my koning word, en hy sal op my troon sit.
Maar op ú, my heer die koning, is die oë van die hele Israel om hulle te kenne te gee wie op die troon van my heer die koning ná hom sal sit.
En Natan sê: My heer die koning, het ú gesê: Adónia sal ná my koning word, en hy sal op my troon sit?
As hierdie saak van my heer die koning uitgegaan het, dan het u aan u dienaars nie bekend gemaak wie op die troon van my heer die koning ná hom sal sit nie.
sekerlik, soos ek u by die HERE, die God van Israel, gesweer en gesê het dat u seun Salomo ná my koning moet word en hy op my troon moet sit in my plek, sekerlik so doen ek vandag nog.
En sy vader het hom sy lewe lank nie gekrenk deur te sê nie: Waarom maak jy so? Bowendien was hy ook baie mooi van gestalte, en sy moeder het hom ná Absalom gebaar.
Toe tel hy die jongmanne van die owerstes van die provinsies, en hulle was twee honderd twee en dertig; en ná hulle tel hy al die manskappe, al die kinders van Israel: sewe duisend.
Toe kom die profeet na die koning van Israel en sê vir hom: Gaan, wees sterk; en ondersoek en kyk wat u moet doen; want ná verloop van 'n jaar sal die koning van Aram teen u optrek.
En ná verloop van 'n jaar het Bénhadad die Arameërs gemonster en opgetrek na Afek om teen Israel te veg.
En ná hierdie dinge het dít gebeur: Nabot, 'n Jisreëliet, het in Jísreël 'n wingerd gehad, wat langs die paleis van Agab, die koning van Samaría, was.
so doen Ek dan volgens jou woord: Kyk, Ek gee jou 'n wyse en verstandige hart, sodat een soos jy vóór jou nie gewees het en een soos jy ná jou nie sal opstaan nie.
En op die derde dag ná my bevalling het hierdie vrou ook gebaar terwyl ons saam was; niemand anders was by ons in die huis nie, maar net ons twee in die huis.
En in die vier honderd en tagtigste jaar ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vierde jaar van Salomo se regering oor Israel, in die maand Sif--dit is die tweede maand--het hy die huis vir die HERE gebou.
hulle kinders wat ná hulle in die land oorgebly het, wat die kinders van Israel nie met die banvloek kon tref nie, dié het Salomo laat opkom vir dwangarbeid, tot vandag toe.
Sweer dan nou vir my by die HERE dat jy my geslag ná my nie sal uitroei en my naam uit my familie nie sal uitdelg nie.
En ná omtrent tien dae het die HERE Nabal getref, sodat hy gesterf het.
En die kinders van Israel sê aan Samuel: Laat nie ná om die HERE onse God vir ons aan te roep nie, dat Hy ons uit die hand van die Filistyne verlos.
Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.
Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.
En ná haar het hy Máäga, die dogter van Absalom, geneem, en sy het vir hom Abía en Attai en Sisa en Sélomit gebaar.
En ná verloop van enkele jare het hy afgetrek na Agab, na Samaría, en Agab het vir hom en die manskappe wat by hom was, skape en beeste in menigte geslag en hom aangehits om teen Ramot in Gílead op te trek.
daarom word dié wysheid en dié kennis aan jou gegee. Ek sal jou ook rykdom en skatte en eer gee soos die konings wat voor jou gewees het, nie gehad het nie, en soos ná jou nie sal wees nie.
En ná dit alles het die HERE hom in sy ingewande aangetas met 'n siekte waar geen genesing voor was nie.
En ná enige tyd, naamlik teen die einde van die tweede jaar, het sy ingewande by sy siekte uitgekom, sodat hy onder hewige pyne gesterf het; en sy volk het vir hom geen wierookbrand gemaak soos die brand vir sy vaders nie.
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE soos die huis van Agab, want húlle was sy raadgewers ná die dood van sy vader, hom tot 'n verderf.
Maar ná die dood van Jójada kom die owerstes van Juda en buig hulle voor die koning neer. Toe het die koning na hulle geluister,
En Amásia, die koning van Juda, het ná raadpleging gestuur na Joas, die seun van Jóahas, die seun van Jehu, die koning van Israel, om te sê: Kom, laat ons mekaar se aangesig sien.
En Amásia, die seun van Joas, die koning van Juda, het ná die dood van Joas, die seun van Jóahas, die koning van Israel, vyftien jaar gelewe.
Ná hierdie dinge en hierdie bewys van getrouheid het Sánherib, die koning van Assirië, gekom en Juda binnegedring en die vaste stede beleër en bedoel om hulle vir hom te verower.
Ná dit alles, toe Josía die huis herstel het, het Nego, die koning van Egipte, opgetrek om te veg by Kárkemis aan die Eufraat, en Josía het uitgetrek hom tegemoet.
van hulle kinders wat ná hulle oorgebly het in die land, wat die kinders van Israel nie uitgeroei het nie, dié het Salomo laat opkom vir dwangarbeid, tot vandag toe.
Want as ek sou wil roem, sou ek nie 'n dwaas wees nie, want ek sou die waarheid praat; maar ek laat dit ná, sodat niemand my hoër mag skat as wat hy van my sien of wat hy van my hoor nie.
Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe.
En Amásia, die seun van Joas, die koning van Juda, het ná die dood van Joas, die seun van Jóahas, die koning van Israel, vyftien jaar gelewe.
Hy het op die HERE, die God van Israel, vertrou, sodat onder al die konings van Juda ná hom en die wat voor hom gewees het, niemand soos hy was nie.
En voor hom was daar geen koning soos hy nie wat hom tot die HERE bekeer het met sy hele hart en met sy hele siel en met al sy krag volgens die hele wet van Moses, en ná hom het nie een soos hy opgestaan nie.
Maar ná die dood van Agab het die koning van Moab van die koning van Israel afvallig geword.
En ek sal my beywer, dat julle ook gedurig ná my heengaan hierdie dinge in gedagtenis kan hou.
En ná verloop van die jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, stuur Dawid Joab en sy dienaars saam met hom uit en die hele Israel. En hulle het die land van die kinders van Ammon verniel en Rabba beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het.
En ná twee volle jare het Absalom skeerders gehad in Baäl-Hasor wat by Efraim is, en Absalom het al die seuns van die koning genooi.
En ná verloop van vier jaar het Absalom aan die koning gesê: Laat my tog gaan en my gelofte wat ek aan die HERE gedoen het, in Hebron betaal;
En ná die dood van Saul, toe Dawid terug was van die verslaan van die Amalekiete en Dawid twee dae in Siklag gebly het,
En ek het by hom gaan staan en hom van kant gemaak, want ek het geweet dat hy ná sy val nie sou leef nie; en ek het die kroon wat op sy hoof en die armband wat om sy arm was, geneem en dit hier na my heer gebring.
En toe daar in die dae van Dawid 'n hongersnood was, drie jaar lank, jaar ná jaar, het Dawid die aangesig van die HERE gesoek; en die HERE het gesê: Vanweë Saul en vanweë sy huis waarop bloedskuld rus, omdat hy die Gibeoniete omgebring het.
En ná hom was Samma, die seun van Age, die Harariet. Toe die Filistyne by Legi bymekaarkom, waar 'n stuk land was vol lensies en die volk vir die Filistyne gevlug het,
is soos die môrelig by sonsopgang, 'n môre sonder wolke as deur die glans ná die reën grasspruitjies uit die aarde uitkom.
En ná hom was Eleásar, die seun van Dodo, die Ahohiet, onder die drie helde by Dawid; toe hulle die Filistyne uitgedaag het wat daar bymekaar was om te veg, en die manne van Israel weggetrek het,
Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.
Julle weet van die saak wat deur die hele Judéa gebeur het en van Galiléa af begin het, ná die doop wat Johannes gepreek het,
Toe hy hom dan gegryp het, het hy hom in die gevangenis gesit en oorgegee aan vier wagte, elkeen van vier soldate, om hom te bewaak, met die bedoeling om hom ná die paasfees voor die volk te bring.
En ná die lesing van die wet en die profete het die hoofde van die sinagoge na hulle gestuur en gesê: Broeders, as julle 'n woord van opwekking vir die volk het, spreek dan!
En toe Johannes aan die einde van sy loopbaan gekom het, het hy gesê: Wie dink julle is ek? Ek is dit nie; maar kyk, Hy kom ná my, wie se skoen ek nie waardig is om van sy voete los te maak nie.
En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.
Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus.
aan wie Hy ook, ná sy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het.
Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.
Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie.
En ná hierdie woorde het hy neergekniel en met hulle almal saam gebid.
Maar ná die dae van die ongesuurde brode het ons van Filíppi uitgeseil en binne vyf dae by hulle in Troas gekom waar ons sewe dae deurgebring het.
En ná hierdie dae het ons vir die reis klaargemaak en na Jerusalem opgegaan.
Maar ná baie jare het ek gekom om aan my volk aalmoese te bring en offers.
en bevel gegee dat sy beskuldigers voor u moet kom. Van hom sal u self, ná ondersoek, kennis kan verkry van al hierdie dinge waarvan ons hom beskuldig.
Festus het dan in die provinsie gekom en ná drie dae van Cesaréa opgegaan na Jerusalem.
En ná verloop van enkele dae het koning Agríppa en Berníce in Cesaréa aangekom om Festus te begroet.
Maar ek kan niks sekers oor hom aan my heer skrywe nie; daarom het ek hom voor u gebring en veral voor u, koning Agríppa, sodat ek ná die ondersoek iets kan skrywe.
En ná drie maande het ons afgevaar in 'n skip van Alexandríë met die skeepsmerk Castor en Pollux, wat op die eiland oorwinter het.
En ná drie dae het Paulus die vernaamste Jode saamgeroep en, nadat hulle vergader het, vir hulle gesê: Broeders, alhoewel ek niks gedoen het teen die volk of die voorvaderlike sedes nie, is ek uit Jerusalem as gevangene oorgelewer in die hande van die Romeine.
En ná hom het Judas, die Galileër, opgestaan, in die dae van die inskrywing, en 'n aansienlike getal mense afvallig gemaak agter hom aan. Hy het ook omgekom, en almal wat na hom geluister het, is verstrooi.
En ná verloop van omtrent drie uur kom sy vrou in sonder om te weet wat voorgeval het.
Toe het hy getrek uit die land van die Chaldéërs en in Haran gaan woon; en ná die dood van sy vader het Hy hom daarvandaan laat verhuis na hierdie land waarin julle nou woon.
En Hy het hom geen erfdeel daarin gegee nie, selfs nie 'n voetbreed nie, maar Hy het belowe om dit aan hom en sy nageslag ná hom as eiendom te gee, toe hy nog geen kind gehad het nie.
En ná geruime tyd het die Jode beraadslaag om hom om te bring.
Dan sal die koning van die Noorde weer 'n groter menigte op die been bring as die eerste, en ná verloop van tyd, van jare, sal hy sekerlik kom met 'n groot leër en 'n groot gevolg.
En ná verloop van jare sal hulle 'n bondgenootskap met mekaar aangaan, en die dogter van die koning van die Suide sal na die koning van die Noorde kom om vrede te sluit; maar sy sal die krag van die arm nie behou nie--hy en sy mag sal nie standhou nie, en sy self sal prysgegee word saam met die wat haar gebring het, sowel as hy wat haar verwek het en haar in dié tyd verwerf het.
En ná u sal daar 'n ander koninkryk opstaan, geringer as dié van u; daarna 'n ander, 'n derde koninkryk, van koper, wat oor die hele aarde sal heers;
En ná verloop van tyd het ek, Nebukadnésar, my oë na die hemel opgeslaan, en my verstand het in my teruggekeer, en ek het die Allerhoogste geloof en Hom wat ewig lewe, geprys en geëer, wie se heerskappy 'n ewige mag en wie se koningskap van geslag tot geslag is.
En die tien horings--uit daardie koninkryk sal tien konings opstaan, en 'n ander een sal ná hulle opstaan, en hy sal verskillend wees van die voriges en drie konings neerwerp.
In die derde jaar van die regering van koning Bélsasar het aan my, Daniël, 'n gesig verskyn ná dié een wat die vorige keer aan my verskyn het.
En ná die twee en sestig sewetalle sal 'n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van 'n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met 'n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings.
Maar net aan jou vaders het die HERE 'n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.
Jy mag dit nie eet nie, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan as jy doen wat reg is in die oë van die HERE.
Luister sorgvuldig na al hierdie woorde wat ek jou beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan tot in ewigheid, as jy doen wat goed en reg is in die oë van die HERE jou God.
Kyk, Ek gee die land aan julle oor; gaan in en neem die land in besit wat die HERE aan julle vaders Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het om dit aan hulle te gee en aan hulle nageslag ná hulle.
En die volgende geslag, julle kinders wat ná julle opstaan, en die uitlander wat uit 'n ver land kom, sal sê, as hulle die plae van daardie land sien en sy siektes wat die HERE daarin laat uitbreek het--
Want ék ken jou wederstrewigheid en jou hardnekkigheid. As julle, terwyl ek nog vandag by julle lewe, wederstrewig was teen die HERE--hoeveel te meer dan ná my dood!
Want ek weet dat julle ná my dood gewis verderflik sal handel en sal afwyk van die weg wat ek julle beveel het, sodat die onheil julle aan die einde van die dae sal teëkom, omdat julle sal doen wat verkeerd is in die oë van die HERE om Hom deur die werk van julle hande te terg.
En jy moet sy insettinge en sy gebooie hou wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan, en dat jy die dae mag verleng in die land wat die HERE jou God jou vir altyd sal gee.
En die dwaas gebruik baie woorde; maar die mens weet nie wat daar sal gebeur nie; en wat ná hom sal wees, wie kan hom dit te kenne gee?
Werp jou brood uit op die water, want ná verloop van baie dae sal jy dit vind.
voordat die son en die lig en die maan en die sterre verduister word en die wolke terugkom ná die reën,
Daarna het ek my begewe om wysheid en onverstandigheid en dwaasheid in oënskou te neem, want wat sal die mens kan doen wat ná die koning kom? Wat lankal gedoen is!
En ek het gehaat al my arbeid wat ek onder die son met moeite verrig het, dat ek dit moet oorlaat aan 'n mens wat ná my sal kom.
So het ek dan gesien dat daar niks beters is as dat die mens hom verheug in sy werke nie, want dit is sy deel; want wie sal hom daartoe bring dat hy kan sien wat ná hom sal wees?
Want wie weet wat goed is vir die mens in die lewe gedurende die getal dae van sy nietige lewe wat hy soos 'n skaduwee deurbring? Want wie kan aan die mens bekend maak wat ná hom sal wees onder die son?
Wees goedsmoeds op die dag van voorspoed, en op die dag van onheil, bedink dan: Ook hierdie dag het God gemaak net soos daardie, daarom dat die mens ná sy dood niks meer sal ontdek nie.
Toe ná die dinge die woede van koning Ahasvéros bedaar het, het hy aan Vasti gedink en aan wat sy gedoen het en wat oor haar besluit is.
Ná hierdie dinge het koning Ahasvéros Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, groot gemaak en hom verhoog en sy setel hoër gestel as dié van al die vorste wat by hom was.
En ná verloop van vier honderd en dertig jaar, op daardie selfde dag, het al die leërskare van die HERE uit Egipteland uitgetrek.
Toe hulle van Elim af wegtrek, het die hele vergadering van die kinders van Israel in die woestyn Sin gekom, wat tussen Elim en Sinai lê, op die vyftiende dag van die tweede maand ná hulle uittog uit Egipteland.
In die derde maand ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, op dieselfde dag, het hulle in die woestyn Sinai gekom--
Maar as hy ná een of twee dae nog lewe, moet dit nie gewreek word nie, want hy is sy eiendom.
En Aäron en sy seuns moet dit aanhê as hulle in die tent van samekoms gaan, of as hulle nader kom na die altaar om in die heiligdom te dien, sodat hulle geen skuld op hulle laai en sterwe nie. Dit is 'n ewige insetting vir hom en vir sy nageslag ná hom.
En die heilige klere van Aäron moet vir sy seuns ná hom wees, om hulle daarin te salf en as priesters aan te stel.
En ná al jou boosheid--wee, wee jou! spreek die Here HERE--
Ná baie dae sal jy bevel ontvang; aan die einde van die jare sal jy 'n land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat versamel is uit baie volke, op die berge van Israel wat gedurigdeur as puinhoop daar gelê het--ja, dit is uit die volke uitgebring, en hulle woon almal in veiligheid.
En ná sy reiniging moet hulle vir hom sewe dae tel.
En in die tweede jaar ná hulle aankoms by die huis van God in Jerusalem, in die tweede maand, het Serubbábel, die seun van Seáltiël, 'n begin gemaak, hy en Jésua, die seun van Jósadak, en hulle ander broers, die priesters en die Leviete en almal wat uit die gevangenskap na Jerusalem gekom het: hulle het die Leviete van twintig jaar oud en daarbo aangestel om toesig te hou oor die werk aan die huis van die HERE.
En ná hierdie gebeurtenisse, onder die regering van Artasásta, die koning van Persië, het Esra, die seun van Serája, die seun van Asárja, die seun van Hilkía,
En wat sal ons nou ná hierdie dinge sê, onse God? Want ons het u gebooie verlaat
En ná alles wat oor ons gekom het vanweë ons slegte dade en ons groot skuld--want U, onse God, het ons minder toegereken as wat ons ongeregtighede verdien het, en aan ons nog soveel vrygeraaktes gegee--
Want voordat sommige van Jakobus af gekom het, was hy gewoond om saam met die heidene te eet; maar ná hulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees vir die wat uit die besnydenis is.
En dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet--vir hulle is daar seuns gebore ná die vloed.
Dit is die geslagte van die seuns van Noag volgens hulle afstamming, in hulle nasies; en uit hulle het die nasies op die aarde hulle verdeel ná die vloed.
Dit is die stamboom van Sem: Toe Sem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpagsad geword, twee jaar ná die vloed.
En Sem het ná die geboorte van Arpagsad nog vyf honderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
En Arpagsad het ná die geboorte van Selag nog vier honderd en drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
En Selag het ná die geboorte van Heber nog vier honderd en drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
En Heber het ná die geboorte van Peleg nog vier honderd en dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
En Peleg het ná die geboorte van Rehu nog twee honderd en nege jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
En Rehu het ná die geboorte van Serug nog twee honderd en sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
En Serug het ná die geboorte van Nahor twee honderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
En Nahor het ná die geboorte van Tera nog honderd en negentien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
Ná sy terugkoms van die oorwinning op Kedor-Laómer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom uitgetrek hom tegemoet na die laagte Sawe, dit is die Koningslaagte.
Ná hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in 'n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou 'n skild en jou loon is baie groot.
En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar 'n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur.
Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word--
Toe antwoord God: Voorwaar, jou vrou Sara sal vir jou 'n seun baar, en jy moet hom Isak noem; en Ek sal my verbond met hom oprig as 'n ewige verbond vir sy nageslag ná hom.
En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as 'n ewige verbond, om vir jou 'n God te wees en vir jou nageslag ná jou.
En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as 'n ewige besitting; en Ek sal vir hulle 'n God wees.
Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag.
Want Ek het hom verkies, dat hy aan sy kinders en sy huis ná hom bevel sou gee dat hulle die weg van die HERE moet hou om geregtigheid en reg te doen; sodat die HERE oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het.
Ná hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
Ná hierdie dinge het hulle aan Abraham berig gebring en gesê: Kyk, Milka het ook vir jou broer Nahor seuns gebaar:
En Isak het haar in die tent van sy moeder Sara ingebring en Rebekka geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het haar liefgehad. So is Isak dan getroos ná die dood van sy moeder.
Ná die dood van Abraham het God sy seun Isak geseën; en Isak het gewoon by die put Lagai-Roï.
En Isak het die putte weer oopgegrawe wat hulle in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, en wat die Filistyne ná die dood van Abraham toegestop het, en dit genoem na die name wat sy vader daaraan gegee het.
En die land wat Ek aan Abraham en Isak gegee het, sal Ek aan jou gee; en aan jou nageslag ná jou sal Ek die land gee.
En ná die dood van Bela het Jobab, die seun van Serag, van Bosra, in sy plek geregeer.
En ná die dood van Jobab het Husam, uit die land van die Temaniete, in sy plek geregeer.
En ná die dood van Husam het Hadad, die seun van Bedad, wat die Mídianiete verslaan het in die veld van Moab, in sy plek geregeer, en die naam van sy stad was Awit.
En ná die dood van Hadad het Samla van Másreka in sy plek geregeer.
En ná die dood van Samla het Saul van Réhobot, aan die rivier, in sy plek geregeer.
En ná die dood van Saul het Baäl-Hanan, die seun van Akbor, in sy plek geregeer.
En ná die dood van Baäl-Hanan, die seun van Akbor, het Hadar in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahu; en die naam van sy vrou was Mehetábeël, die dogter van Matred, die dogter van Mésahab.
En ná verloop van geruime tyd het die dogter van Sua, die vrou van Juda, gesterwe. En toe Juda klaar getreur het, het hy opgegaan na die skeerders van sy kleinvee, na Timna toe, hy en sy vriend Hira, die Adullamiet.
Ná omtrent drie maande het hulle Juda laat weet en gesê: Tamar, jou skoondogter, het gehoereer, en sy is ook swanger deur hoerery! En Juda sê: Bring haar uit, dat sy verbrand kan word.
En nadat sy met Josef dag ná dag gespreek het, en hy na haar nie wou luister om by haar te lê om met haar gemeenskap te hou nie,
Ná hierdie dinge het die vrou van sy heer haar oë na Josef opgeslaan en gesê: Kom hou gemeenskap met my.
Ná hierdie dinge het die skinker van die koning van Egipte en die bakker hulle misgaan jeens hulle heer, die koning van Egipte,
Ná verloop van twee volle jare het Farao gedroom dat hy by die Nyl staan;
En kyk, ná hulle kom daar nog sewe koeie op, skraal en baie lelik van uiterlik en maer van vleis; ek het soos hulle so lelik in die ganse Egipteland nie gesien nie.
En ná hulle spruit daar sewe are uit wat dor, maer en deur die oostewind verskroei was;
En die sewe maer en lelike koeie wat ná hulle opgekom het, is sewe jare; en die sewe maer, deur die oostewind verskroeide are sal sewe jare van hongersnood wees.
En kyk, ná hulle kom daar nog sewe koeie uit die Nyl uit op wat lelik van aansien en maer van vleis was, en hulle het by die ander koeie op die wal van die Nyl gaan staan.
en ná hulle spruit daar sewe are uit wat maer en deur die oostewind verskroei was;
Ná hierdie dinge het hulle aan Josef meegedeel: Kyk, u vader is siek. Toe neem hy sy twee seuns, Manasse en Efraim, met hom saam.
en vir my gesê: Kyk, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder en jou tot 'n menigte van volke maak, en Ek sal aan jou nageslag ná jou hierdie land as ewige besitting gee.
Maar jou nakomelinge wat jy ná hulle verwek het, sal joue wees. Hulle sal na die naam van hulle broers genoem word in dié se erfdeel.
En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE 'n offer gebring.
En Enos het ná die geboorte van Kenan nog agt honderd en vyftien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
En Kenan het ná die geboorte van Mahalálel nog agt honderd en veertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
En Mahalálel het ná die geboorte van Jered nog agt honderd en dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
En Jered het ná die geboorte van Henog nog agt honderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
En Henog het ná die geboorte van Metúsalag nog drie honderd jaar met God gewandel. En hy het seuns en dogters gehad.
En Metúsalag het ná die geboorte van Lameg nog sewe honderd twee en tagtig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
En Lameg het ná die geboorte van Noag nog vyf honderd vyf en negentig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
En die dae van Adam, ná die geboorte van Set, was agt honderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad.
En Set het ná die geboorte van Enos nog agt honderd en sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
Ná die sewe dae kom toe die waters van die vloed op die aarde.
En Noag het ná die vloed drie honderd en vyftig jaar gelewe.
Maar Ek, kyk, Ek rig my verbond met julle op en met julle nageslag ná julle,
want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe,
Deur die geloof is Moses ná sy geboorte deur sy ouers drie maande lank weggesteek, omdat hulle gesien het dat die seuntjie mooi was; en hulle het nie die gebod van die koning gevrees nie.
Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eedswering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is.
Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.
Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe.
en hulle sal opgesluit word soos gevangenes opgesluit word in 'n kuil en bewaar word in 'n kerker; maar ná baie dae sal daar op hulle ag gegee word.
Júlle is my getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is--voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie.
En ná verloop van baie dae het die HERE vir my gesê: Maak klaar, gaan na die Eufraat en haal die gord daarvandaan wat Ek jou beveel het om daar weg te steek.
en al die konings van die Noorde wat naby en ver is, die een ná die ander; ja, al die koninkryke van die aarde wat op die aardbodem is. En die koning van Sesag sal ná hulle drink.
ná die uittog van die koning Jegónja en die gebiedster en die hofdienaars, die vorste van Juda en Jerusalem, en die smede en die slotmakers, uit Jerusalem--
Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.
U wat guns bewys aan duisende en die ongeregtigheid van die vaders vergeld in die skoot van hulle kinders ná hulle; die grote, die geweldige God, wie se Naam is HERE van die leërskare,
En Ek sal hulle een hart en een weg gee om My altyd te vrees, hulle ten goede en hulle kinders ná hulle.
Want wat gee hy om sy huis ná hom as die getal van sy maande afgesny is?
Ná my woorde het hulle nie weer gespreek nie, en my rede het op hulle gedrup.
En ná hierdie dinge het Josef van Arimathéa, wat 'n dissipel van Jesus was, maar in die geheim, uit vrees vir die Jode, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag wegneem. En Pilatus het dit toegelaat. Hy het toe gegaan en die liggaam van Jesus weggeneem.
Johannes getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat ná my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as ek.
dit is Hy wat ná my kom, wat voor my geword het, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie.
Dit is Hy van wie ek gesê het: Ná my kom 'n man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek.
En ná die twee dae het Hy daarvandaan weggegaan en na Galiléa vertrek.
Want 'n engel het op bepaalde tye in die bad neergedaal en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het.
En daar was geen dag soos hierdie een, voor hom en ná hom, dat die HERE na die stem van 'n man geluister het nie; want die HERE het vir Israel gestry.
En ná die dood van Moses, die kneg van die HERE, het die HERE met Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses, gespreek en gesê:
maar dat dit 'n getuie kan wees tussen ons en julle en ons geslagte ná ons dat ons die diens van die HERE sal waarneem voor sy aangesig met ons brandoffers en ons slagoffers en ons dankoffers, sodat julle kinders later nie aan ons kinders kan sê: Julle het geen deel aan die HERE nie.
En ná hierdie dinge het Josua, die seun van Nun, die kneg van die HERE, gesterwe, honderd en-tien jaar oud.
En Israel het die HERE gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat lank ná Josua nog in die lewe was en met al die werke van die HERE bekend was wat Hy vir Israel gedoen het.
En hulle het die dag ná die pasga van die opbrings van die land geëet: ongesuurde brode en gebraaide koring, daardie selfde dag.
En ná Abiméleg het Tola, die seun van Pua, die seun van Dodo, 'n man uit Issaskar, opgetree om Israel te verlos; en hy het gewoon in Samir op die gebergte van Efraim.
En ná hom het Jaïr, die Gileadiet, opgetree, en hy het Israel twee en twintig jaar lank gerig.
En ná hom het Elon, die Sebuloniet, Israel gerig; en hy het Israel tien jaar lank gerig.
En ná hom het Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, Israel gerig.
En ná hom het Ebsan, uit Betlehem, Israel gerig.
En ná die dood van Josua het die kinders van Israel die HERE geraadpleeg en gesê: Wie van ons moet eerste optrek teen die Kanaäniete om teen hulle te veg?
En toe ook daardie hele geslag by hulle vaders versamel is, staan daar 'n ander geslag ná hulle op wat die HERE en ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie.
En die volk het die HERE gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat ná Josua nog in die lewe was, en al die groot werke van die HERE gesien het wat Hy vir Israel gedoen het.
Toe kom ná hom Samgar, die seun van Anat, wat van die Filistyne ses honderd man met 'n osdrywerstok verslaan het; en ook hy het Israel verlos.
Maar ná die dood van Ehud het die kinders van Israel weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE.
Hy moet hulle dan op die agtste dag ná sy reiniging na die priester bring by die ingang van die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE.
En as hy wat die vloeiing het, van sy vloeiing rein word, moet hy sewe dae tel ná sy reiniging en sy klere was en sy liggaam in vars water bad; dan sal hy rein wees.
En die HERE het met Moses gespreek ná die dood van die twee seuns van Aäron, wat gesterf het toe hulle voor die aangesig van die HERE nader gekom het;
En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg.
Dan moet julle tel van die dag ná die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring sewe volle weke moet dit wees;
tot die dag ná die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle 'n nuwe spysoffer aan die HERE bring.
volgens die getal jare ná die jubeljaar moet jy van jou naaste koop; volgens die getal jare dat daar 'n oes is, moet hy dit aan jou verkoop;
En julle mag dié aan julle kinders ná julle nalaat as 'n erflike besitting; vir ewig mag julle hulle laat dien. Maar oor julle broers, die kinders van Israel, die een oor die ander oor hom mag jy nie met hardheid heers nie.
Maar as hy sy stuk land ná die jubeljaar heilig, moet die priester vir hom die geld bereken na die jare wat tot die volgende jubeljaar oor is; en dit moet van jou skatting afgetrek word.
En ná hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom.
En ná hierdie dae het Elisabet, sy vrou, ontvang en haar vyf maande lank verberg en gesê:
Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.
En ná verloop van omtrent een uur het 'n ander een dit verseker en gesê: Sowaar, hierdie man was ook saam met Hom, want hy is ook 'n Galiléër.
En ná drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra.
En ná hierdie dinge het Hy uitgegaan en 'n tollenaar met die naam van Levi by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: Volg My.
En daarna het Hy die een stad en dorp ná die ander deurgereis en gepreek en die evangelie van die koninkryk van God verkondig; en die twaalf was saam met Hom,
En omtrent agt dae ná hierdie woorde het Hy Petrus en Johannes en Jakobus saamgeneem en op die berg geklim om te bid.
Maar in daardie dae, ná dié verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie,
Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie.
En baie vroeg op die eerste dag van die week, net ná sonop, kom hulle by die graf.
En hy het gepreek en gesê: Hy wat sterker is as ek, kom ná my, en ek is nie waardig om neer te buk en sy skoenriem los te maak nie.
En ná 'n paar dae het Hy weer in Kapérnaüm gekom, en die mense het gehoor dat Hy in die huis was.
Toe het Hy hulle begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en ná drie dae opstaan.
En ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle alleen op 'n hoë berg in die eensaamheid geneem; en Hy het voor hulle van gedaante verander,
En ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes, sy broer, saamgeneem en hulle op 'n hoë berg in die eensaamheid gebring.
En ná die Babiloniese ballingskap het Jegónia die vader geword van Seáltiël, en Seáltiël was die vader van Serubbábel,
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.
En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.
En ná 'n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken.
En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn.
Die volgende dag--dit is die dag ná die voorbereiding--kom die owerpriesters en die Fariseërs by Pilatus saam
En laat ná die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.
En ná die dood van Herodes het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef in Egipte verskyn
Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
Wee my, want ek het geword soos ná die insameling van somervrugte, soos die natrossies van die wynoes: geen tros om te eet nie, my siel begeer vroeë vye.
en ná hom Gábbai-Sállai, nege honderd agt en twintig.
En sodra dit in die poorte van Jerusalem voor die sabbat donker was, het ek gesê dat die deure gesluit moes word; en ek het gesê dat hulle dit nie mag oopmaak tot ná die sabbat nie, en van my mense het ek by die poorte aangestel: geen vrag het op die sabbatdag mag inkom nie.
Maar gedurende dit alles was ek nie in Jerusalem nie; want in die twee en dertigste jaar van Artasásta, die koning van Babel, het ek by die koning gekom; en ná verloop van tyd het ek verlof gevra van die koning
Ná hom het Nehemía, die seun van Asbuk, owerste van die halwe distrik Bet-Sur, tot teenoor die Dawidsgrafte herstel en tot by die kunstig aangelegde dam en tot by die huis van die helde.
Ná hom het die Leviete--Rehum, die seun van Bani, herstel; naas hom het Hasábja, die owerste van die halwe distrik Kehíla, vir sy distrik herstel.
Ná hom het hulle broers, Báwai, die seun van Hénadad, die owerste van die ander halwe distrik Kehíla, herstel.
Ná hom het Barug, die seun van Sábbai, 'n tweede stuk ywerig herstel; van die Winkelhaak af tot by die huisdeur van die hoëpriester Éljasib.
Ná hom het Méremot, die seun van Uría, die seun van Hakkos, 'n tweede stuk herstel, van die huisdeur van Éljasib af tot by die end van Éljasib se huis.
En ná hom het die priesters, die manne van die Jordaanstreek, herstel.
Ná hom het Benjamin en Hassub teenoor hulle huis herstel; ná hom het Asárja, die seun van Maäséja, die seun van Anánja, langs sy huis herstel.
Ná hom het Bínnuï, die seun van Hénadad, 'n tweede stuk herstel; van die huis van Asárja af tot by die Winkelhaak en tot by die Hoek.
Palal, die seun van Usai, teenoor die Winkelhaak en die boonste toring wat uit die huis van die koning uitsteek, by die voorhof van bewaking; ná hom Pedája, die seun van Parhos.
Ná hom het die Tekoïete 'n tweede stuk herstel, van teenoor die groot toring af wat uitsteek, tot by die Heuwel-muur.
Daarnaas het Sadok, die seun van Immer, teenoor sy huis herstel; en ná hom het Semája, die seun van Segánja, die bewaker van die Oospoort, herstel.
Ná hom het Hanánja, die seun van Selémja, en Hanun, die sesde seun van Salaf, 'n tweede stuk herstel; daarnaas het Mesúllam, die seun van Berégja, teenoor sy kamer herstel.
Ná hom het Malkía, lid van die goudsmede, herstel tot by die huis van die tempelbediendes en die koopmans, teenoor die Wagpoort en tot by die bo-kamer op die Hoek.
En ná verloop van veertig dae het hulle teruggekom van die land te verken.
En die manne wat Moses gestuur het om die land te verken en wat ná hulle terugkoms die hele vergadering teen hom laat murmureer het deur 'n slegte gerug aangaande die land te versprei,
en dit sal vir hom en sy nageslag ná hom die verbond van ewige priesterskap wees, omdat hy vir sy God geywer en versoening vir die kinders van Israel gedoen het.
En ná die plaag het die HERE met Moses en met Eleásar, die seun van die priester Aäron, gespreek en gesê:
Hulle het van Raämses af opgebreek in die eerste maand, op die vyftiende dag van die eerste maand; op die dag ná die pasga het die kinders van Israel deur 'n hoë hand voor die oë van al die Egiptenaars uitgetrek,
Toe het die priester Aäron volgens die bevel van die HERE op die berg Hor geklim en daar gesterwe, in die veertigste jaar ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vyfde maand, op die eerste van die maand.
Want hy moet in sy vrystad bly tot die dood van die hoëpriester; maar ná die dood van die hoëpriester mag die een wat 'n doodslag begaan het, teruggaan na die land waar sy besitting lê.
of ná twee dae of 'n maand of langer--as die wolk lank oor die tabernakel bly, het die kinders van Israel in die laer gestaan en nie weggetrek nie; en as dit optrek, het hulle weggetrek.
Die hart van die regverdige dink ná om te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel.
Dit is vir die mens 'n strik dat hy onbedagsaam sê: Heilig! om dan eers ná die geloftes te oorweeg.
Wie in sy regskapenheid wandel as 'n regverdige--gelukkig is sy kinders ná hom.
Ek dink aan die dae uit die voortyd; ek peins oor al u dade; ek dink ná oor die werk van u hande.
Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat ná om verstandig te wees, om goed te doen.
Só wil ek psalmsing tot eer van u Naam tot in ewigheid, om my geloftes te betaal, dag ná dag.
Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela.
En ná die drie en 'n halwe dag het 'n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hul voete gaan staan, en 'n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het.
En ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, die tempel van die tent van die getuienis in die hemel is geopen.
En ná hierdie dinge het ek 'n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.
En ná hierdie dinge het ek iets soos 'n groot stem van 'n groot menigte in die hemel gehoor wat sê: Halleluja, die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God!
Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, 'n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos 'n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.
En ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie.
Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was 'n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;
En Boas antwoord en sê vir haar: Aan my is alles omstandig vertel wat jy aan jou skoonmoeder gedoen het ná die dood van jou man, en dat jy jou vader en jou moeder en jou geboorteland verlaat het en na 'n volk getrek het wat jy gister en eergister nie geken het nie.
Nou het ek gedink, ek sal jou dit meedeel en sê: Koop dit voor die wat hier sit, en voor die oudstes van my volk; as jy wil los, los dan; maar as jy nie wil los nie, gee my te kenne, dat ek dit kan weet, want daar is niemand om te los behalwe jy nie, en ek ná jou. En hy antwoord: Ek sal los.
Aan 'n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning,