Skip to Content

"ongesnyde"

5 keer in AFR53

Deuteronomy 16:9

Sewe weke moet jy tel; vandat die sekel die eerste keer in die ongesnyde graan geslaan word, moet jy sewe weke begin tel.

Deuteronomy 23:25

As jy in die ongesnyde graan van jou naaste kom, mag jy met jou hand are afpluk; maar 'n sekel mag jy nie swaai in die ongesnyde graan van jou naaste nie.

Exodus 22:6

As 'n vuur uitbreek en die dorings vat, sodat 'n mied of die ongesnyde graan of die veld verteer word, moet hy wat die vuur aan die brand gesteek het, ten volle vergoeding gee.

Isaiah 17:5

En dit sal wees soos wanneer die maaier die ongesnyde graan bymekaarvat en sy arm die are afmaai; ja, dit sal wees soos wanneer iemand are optel in die dal Refaim.

Judges 15:5

en hy steek die fakkels aan die brand en los hulle in die ongesnyde graan van die Filistyne; en hy het die miede sowel as die ongesnyde graan en die wingerde en olyfbome aan die brand gesteek.