Skip to Content

"onrustig"

11 keer in AFR53

2 Kings 6:11

Toe word die hart van die koning van Aram hieroor onrustig, en hy roep sy dienaars en sê vir hulle: Kan julle my nie te kenne gee wie van ons mense vir die koning van Israel is nie?

Daniel 2:1

En in die tweede jaar van die regering van Nebukadnésar, het Nebukadnésar 'n droom gehad, sodat sy gees onrustig geword het en dit met sy slaap gedaan was.

Daniel 2:3

sê die koning vir hulle: Ek het 'n droom gehad, en my gees is onrustig om die droom te verstaan.

Genesis 41:8

Dié môre was sy gees onrustig, en hy het al die towenaars en al die wyse manne van Egipte laat roep; en Farao het aan hulle sy droom vertel, maar niemand kon dit aan Farao uitlê nie.

Joel 1:18

Hoe sug die vee! Die troppe beeste is onrustig, want daar is geen weiveld vir hulle nie; ook die troppe kleinvee moet boet.

Proverbs 7:11

sy is onrustig en losbandig, haar voete kan nie in haar huis bly nie--

Proverbs 9:13

Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig;

Psalms 42:12

Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof- die verlossing van my aangesig en my God!

Psalms 42:6

Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof- die verlossing van sy aangesig!

Psalms 43:5

Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof- die verlossing van my aangesig en my God!

Psalms 77:5

U hou my ooglede oop; ek is onrustig en kan nie spreek nie.