Skip to Content

"ontkom"

9 keer in AFR53

2 Corinthians 11:33

en ek is in 'n mandjie deur 'n venster in die muur neergelaat en het aan sy hande ontkom.

Ecclesiastes 7:18

Dit is goed dat jy aan die een vashou en ook van die ander jou hand nie aftrek nie; want die wat God vrees, ontkom aan dit alles.

Jeremiah 46:6

Die wat gou is, kan nie ontvlug nie, en die held kan nie ontkom nie; teen die noorde, aan die kant van die Eufraatrivier, het hulle gestruikel en geval.

Jeremiah 48:19

Gaan staan op die pad, en kyk uit, o inwoner van Aroër! Vra vir hom wat vlug en vir haar wat ontkom; sê: Wat het gebeur?

Job 20:21

Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie.

Joel 2:3

Voor hom uit verteer 'n vuur, en agter hom brand 'n vlam; voor hom lyk die land soos die tuin van Eden, en agter hom is dit 'n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie.

John 10:39

Toe het hulle weer probeer om Hom gevange te neem, en Hy het uit hulle hand ontkom.

Lamentations 2:22

Tau. U het soos op 'n feesdag my verskrikkinge geroep van rondom, en niemand het op die dag van die HERE se toorn vrygeraak of ontkom nie; die wat ek op die hande gedra en grootgemaak het--my vyand het hulle omgebring.

Proverbs 12:13

In die oortreding van die lippe lê daar 'n gevaarlike strik; maar die regverdige ontkom aan die benoudheid.