Skip to Content

"oorstroom"

7 keer in AFR53

2 Peter 3:6

waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het.

Isaiah 43:2

As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere--hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.

Jeremiah 47:2

So sê die HERE: Kyk, die waters rys op uit die noorde en hulle sal 'n oorlopende stroom word; ja, hulle oorstroom die land en sy volheid, die stad en die wat daarin woon; en die mense sal skreeu, en al die inwoners van die land sal huil,

Proverbs 5:16

Sal jou fonteine buitentoe oorstroom, waterstrome op die pleine?

Psalms 124:4

dan het die waters ons oorstroom, 'n stroom het oor ons siel gegaan;

Song of Solomon 8:7

Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie; al gee 'n man ook al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag.

Zechariah 1:17

Roep verder en sê: So spreek die HERE van die leërskare: My stede sal weer oorstroom wees van goeie dinge, en die HERE sal Sion weer vertroos, en Hy sal Jerusalem weer verkies.