"ophoop"
4 keer in AFR53
Deuteronomy 32:23
Ek sal onheile op hulle ophoop; my pyle sal Ek op hulle wegskiet.
Genesis 41:35
En hulle moet al die voedsel van hierdie goeie jare wat kom, versamel en onder leiding van Farao koring ophoop as voedsel in die stede en dit wegbêre.
Job 27:16
As hy silwer ophoop soos stof en klere aanskaf soos modder--
Romans 12:20
As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop.