Skip to Content

"opskrif"

7 keer in AFR53

John 19:19

En Pilatus het ook 'n opskrif geskrywe en dit op die kruis gesit; en daar was geskrywe: JESUS, DIE NASARÉNER, DIE KONING VAN DIE JODE.

John 19:20

Hierdie opskrif dan het baie van die Jode gelees, omdat die plek waar Jesus gekruisig is, naby die stad was; en dit was geskrywe in Hebreeus en Grieks en Latyn.

Luke 20:24

Wys My 'n penning. Wie se beeld en opskrif het dit? Hulle antwoord en sê: Die keiser s'n.

Luke 23:38

En daar was ook 'n opskrif bokant Hom geskrywe in Griekse en Romeinse en Hebreeuse letters: HY IS DIE KONING VAN DIE JODE.

Mark 12:16

En hulle het dit gebring. En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit? En hulle antwoord Hom: Die keiser s'n.

Mark 15:26

En die opskrif van sy beskuldiging was bokant Hom geskrywe: DIE KONING VAN DIE JODE.

Matthew 22:20

En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit?