Skip to Content

"proe"

8 keer in AFR53

2 Samuel 19:35

Ek is vandag tagtig jaar oud. Kan ek tussen goed en kwaad onderskei? of sal u dienaar kan proe wat ek eet en wat ek drink? of sal ek nog kan aanhoor die stem van die sangers en die sangeresse? Waarom sal u dienaar my heer die koning dan nog tot 'n las wees?

2 Samuel 3:35

Daarop kom die hele volk om Dawid te beweeg dat hy brood moet eet terwyl dit nog dag was; maar Dawid het gesweer en gesê: Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen as ek voor sonsondergang brood of enigiets proe.

Job 12:11

Moet die oor nie woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?

Job 34:3

Want die oor toets woorde soos die verhemelte die spys proe.

John 2:9

En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het--en hy het nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars wat die water geskep het, het geweet--roep die hoofdienaar die bruidegom

Jonah 3:7

En hy het in Ninevé laat uitroep en sê: Op las van die koning en sy groot manne--geen mens of dier, beeste of kleinvee mag aan iets proe nie, hulle mag nie wei of water drink nie;

Matthew 27:34

en vir Hom asyn, met gal gemeng, gegee om te drink; en toe Hy dit proe, wou Hy nie drink nie.

Proverbs 23:30

By die wat láát opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe.